Nege mense die naweek vermoor
Nege mense die naweek vermoor

Nege mense die naweek vermoor

Britse burger skiet Suid-Afrikaanse burger
Nege mense is volgens die misdaadverslag van die Namibiese polisie die naweek vermoor.

Saterdag om 01:25 in Walvisbaaistraat in Havana is die 48-jarige me. Josephina Munama glo deur haar man met ’n panga aangeval en oor die kop geslaan. Sy het op die toneel gesterf. Die 51-jarige man is in hegtenis geneem.

Saterdag het ’n stiefseun glo sy stiefpa doodgesteek nadat hy probeer keer het dat die seun met sy ma baklei. Die voorval het omstreeks 12:30 in Kronlein in Keetmanshoop plaasgevind. Mnr. Deon Bobeje (50) het glo probeer keer dat die 30-jarige verdagte met sy ma baklei. Die verdagte het hom gesteek en hy is op die toneel oorlede. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Saterdag het ’n Britse burger (51) glo ’n 54-jarige Suid-Afrikaanse burger, mnr. Gerhardus van Wyk, doodgeskiet. Die voorval het om 20:00 op die plaas Kaross naby Kamanjab plaasgevind. Die twee mans was glo in ’n argument betrokke.

Saterdag is die 29-jarige mnr. David Shikambe by die Omuzire Bar No. 413-16 in Havana in Katutura omstreeks 00:15 met ’n skerp voorwerp in die nek gesteek. Hy is op die toneel oorlede. Die rede vir die aanval is nie bekend nie, maar ’n 22-jarige man is in die verband onder polisiebewaking in die Katutura-hospitaal opgeneem. ’n Tweede verdagte is nog op vrye voet. Die polisie-ondersoek duur voort.

In die oggendure tussen 02:00 en 03:00 in Jerusalemstraat in Katutura is die 23-jarige mnr. Clinton Shou deur ’n 17-jarige verdagte met ’n mes aangeval en gesteek. Hy is na die Katutura-hospitaal geneem waar hy aan sy wonde beswyk het. Na bewering het die verdagte in die straat gestaan en geürineer toe hy die slagoffer vra hoekom hy vir hom staar. Die slagoffer het ontken dat hy na hom kyk en die verdagte het hom genader, glo ’n mes uitgepluk en hom twee keer in die nek gesteek. Die man is in hegtenis geneem.

Vrydag is die 20-jarige mnr. Isak Elago om 23:00 in Greenmountainstraat in Goreangab deur drie of vier verdagtes met messe aangeval. Hy is later in die hospitaal aan sy beserings oorlede. Niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Saterdag om 00:30 in Ongwari-straat in Okuryangava is die 31-jarige mnr. John Nangula glo deur twee mans aangeval. Hulle het hom met ’n klip aangerand. Hy het later in die Katutura-hospitaal aan sy beserings gesterf. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

In Istanbulstraat in Otjomuise is die 39-jarige mnr. David Bock op slag dood nadat hy glo deur die verdagte met die vuis geslaan is. Na bewering was Bock en die verdagte in ’n argument betrokke toe die slagoffer die verdagte met die vuis geslaan het. Die verdagte het glo teruggeslaan en Bock het geval en op die toneel gesterf. Die 25-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Twee verdagtes van 23- en 27-jarige ouderdom het glo Vrydag omstreeks 23:00 by die Ongulumbashe-nedersetting in Usakos die 24-jarige Frans Helao tydens ’n geveg met klippe oor die kop geslaan. Helao is in die hospitaal van Usakos opgeneem en Saterdag na die Katutura-hospitaal oorgeplaas, waar hy aan sy beserings gesterf het. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!