Nege dekades vir Nicolas Witbooi
Maria Eiseb - Die leerlinge van Laerskool Eselmaanhaar, ofte wel Laerskool Nicolas Witbooi Gedenkskool, wat tussen Dordabis en Rehoboth in die Hardapstreek geleë is, het onlangs hul skool se 90ste bestaansjaar gevier.
Me. Anna Christiaans (81), 'n oudonderwyseres van die skool, en twee van haar destydse graad 1-leerlinge, mee. Katrina Gille en Poppie Williams, was deel van die verrigtinge.
Tydens die geleentheid het dié oudleerlinge die skool se lof besing en aan die leerders gesê om skouer aan die wiel te sit.
Destyds het die skool met minder as 20 leerlinge en twee onderwysers begin, maar vandag het hulle sowat 224 leerlinge en 10 onderwysers.
Me. Penina Inga-Itaad, Windhoek se raadslid vir die plaaslike kiesafdeling, het N$1 000 aan die skool geskenk.
'n Bykomende N$500 is bymekaar gemaak en 'n totale bedrag van N$1 500 is aan die skool geskenk.
Me. Ingenesia Katjinaani-Ndimbarukua, die skoolhoof, het vir Christiaans bedank en gesê sy is bly die skool bestaan steeds en dat Christiaans deel van die verrigtinge is.
Mnr. Gerard Vries, direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, het gesê dit is nie per toeval dat die skool al 90 jaar oud is nie - dit is danksy die ouer geslag dat hulle dié mylpaal bereik het.
Vries het leerlinge gevra om die skoolgeboue en -perseel vir die volgende geslag goed te bewaar.
Lees meer oor dié skool se mylpaal in Vrydag se Fokus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie