Neem tyd om te ontspan
Neem tyd om te ontspan

Neem tyd om te ontspan

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Ons sien almal uit na Pase: Mooi pastelkleurige eiers, simboliese kos, sjokolade en hasies is só ? inspirasie en vreugde en ? herinnering om ons innerlike kind te laat ontwaak. Dit is die perfekte tyd om weg te breek, onsself te pamperlang en te ontspan.
Soms wanneer ons uitgeput is, is ons in die versoeking om dinge te doen wat ons selfs meer dreineer. Of ons ignoreer die tekens dat ons liggaam rus nodig het.
Vind uit wat die beste vir jou werk om jou balans te herwin. Hier is ‘n paar idees om te help om weer die huppel in jou stap terug te kry. En as jy dink jy het nie tyd om te ontspan nie, moenie bekommerd wees nie; baie van hierdie aktiwiteite neem net ‘n paar minute.
Haal reg asem
Ons vergeet dikwels om op die mees eenvoudige (en soms die mees herstellende) aktiwiteit tot ons beskikking te fokus: Asemhaling. Joga-instrukteurs beveel aan dat ons vyf keer diep asemhaal. Soos jy asemhaal, neem die natuurlike verposing tussen jou in- en uitaseming waar.
Sien na jouself om
Selfsorg kan so baie vorms aanneem: Was die wasgoed, raak ontslae van ongebruikte en nuttelose besittings, bespreek ‘n massering, gaan vir ‘n lang wandeling of maak ‘n heerlike maaltyd. Om aandag aan jou eie behoeftes te gee bring orde en rustigheid.
Dagboek
Volgens Lisa Kaplin, ‘n lewensafrigter, is dit vir sommige mense ontspannend om bladsye in hul dagboeke vol te skryf. Ander verkies om net ‘n paar lyne te skribbel. Maar as dit net nóg ‘n taak word op jou lys van dinge om te doen, slaan dit liewer oor.
Maak ‘n lys van die dag se oorwinnings
Wanneer ons gespanne is, is ons geneig om te fokus op alles wat verkeerd gaan, wat dit selfs moeiliker maak om te ontspan. Skryf elke dag drie positiewe dinge neer wat gebeur het om sodoende ‘n siklus van negatiwiteit te breek.
Identifiseer wat jy kan en nie kan beheer nie
Wanneer alles oorweldigend is, is dit ‘n goeie idee om te fokus op dit wat binne jou bereik is om te verander en wat nie. Dink aan die probleem en besluit of dit onder jou beheer is. Indien nie, sit dit uit jou gedagtes en moenie verder waardevolle energie daaraan bestee nie. Indien die antwoord ja is, doen wat jy kan en beweeg aan.
Skep ‘n ritueel vir slaaptyd
Die rituele proses bring hernieude balans, bemagtiging en energie. Kies aktiwiteite wat jy geniet en jou laat ontspan en skep jou eie daaglikse ritueel voordat jy in die bed klim en slaap.
Speel
Om te speel is ‘n wonderlike manier om van stres ontslae te raak, veral vir volwassenes. Enigiets van vingerverf, na strokiesprente te kyk, ‘n sandkasteel te bou of ‘n frisbee te gooi, kan jou ongebonde en gelukkig laat voel.
Visualiseer
Die brein kan nie tussen die werklikheid en verbeelding onderskei nie, dus is visualisering ‘n baie kragtige instrument om jou te help om in ‘n japtrap te ontspan. ‘n Goeie idee is om jouself in ‘n gunsteling plek in jou verbeeldingsoog te sien. Wees baie spesifiek en as jy dit kan koppel aan ‘n vreugdevolle en gelukkige oomblik in jou herinneringe, soveel te beter. Let op wat rondom jou is. Is jy dalk by die see? Is die golwe rustig of onstuimig? Is daar kinders wat speel? Bou hulle sandkastele of speel hulle in die water? Is die sand wit en glad of is daar baie rotse? So kan jy jouself meevoer na ‘n oase van rustigheid en kalmte en die positiewe emosies wat daarmee saamgaan.
Ligte oefening is goed vir die gees
‘n Mens dink ontspan beteken om absoluut niks te doen nie, maar om te beweeg help om van opgekropte energie ontslae te raak. Om iets aktief te doen help om stres en angstigheid te ontlaai. ‘n Vyftien minuut-lange wandeling kan wondere vir jou gemoedstoestand doen.
Of doen ‘n paar eenvoudig strek- en asemhalingsoefeninge as jy nie baie tyd het nie.
Reik uit na ander
Soms is dit goed om die fokus weg van jouself te verplaas en ‘n helpende hand na iemand anders uit te steek. Bel ‘n vriend of vriendin en vind uit hoe dit met hulle gaaan en luister werklik aandagtig na hul bekommernisse.
Ontvlug in die natuur
Daar is niks so helend soos om tyd in die natuur deur te bring nie. Span al jou sintuie in om die omgewing te waardeer en laat jou gedagtes stil word. Gee aandag aan wat jy sien, hoor en ruik.
Fokus op die oomblik
Dit is nie slegs ‘n natuurlike omgewing wat jou sintuie kan betrek nie. Dit help om die warboel in jou gedagtes te kalmeer deur aandag te gee aan wat om jou gebeur. Luister na geluide soos ‘n motor wat verbyry, jou rekenaar of die geluide in die kombuis. Of luister wat binne ‘n gebou gebeur terwyl jy verbystap.
Knip ‘n vinnige uiltjie
Om ‘n vinnige slapie van 20 minute te neem kan jou laat voel of jy op vakansie was. Maar enigiets meer as 30 minute neem jou in ‘n diep slaap en laat jou gedisorienteerd.
Behandel jouself soos wat jy dit met iemand spesiaal sou doen
Dink aan iets wat jy graag vir iemand belangrik in jou lewe sou wou doen en bestee dan tyd om dit vir jouself te doen. Dit kan enigiets van ontbyt in die bed wees of middagete in ‘n restaurant. Deur goed te wees vir jouself kan jy soveel meer beteken vir die ander mense in jou lewe.
Wat werk die beste vir jou?
Die enigste manier om werklik te ontspan is om te verstaan hoe jy die beste afskakel. Vir party mense is dit ‘n vinnige drafsessie en vir ander is dit om op die rusbank op te krul en televisie te kyk. Vind die beste strategie vir jouself deur te eksperimenteer en moenie jouself veroordeel vir jou keuse nie. Neem besit daarvan, gebruik dit en ontspan!

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!