NEEEF: Dis nou of nooit

Tasbare bewyse van beleggersvertroue sal teen die einde van vandeesweek se ekonomiese groeiberaad beskikbaar wees, sê die president se adviespaneel.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy

Onsekerheid oor omstrede kwessies soos Namibië se bemagtigingsbeleid wat beleggers op die kantlyn hou, sal vandeesweek tydens die ekonomiese groeiberaad hopelik uit die weg geruim word.

“Ek verwag ’n aankondiging van die president oor NEEEF, ek verwag ’n aankondiging van die president oor Nipa (wet op beleggingsbevordering), ek verwag ’n aankondiging van die president oor immigrasie,” het mnr. Johannes !Gawaxab, voorsitter van die hoëvlakpaneel oor die Namibiese ekonomie, gister gesê.

!Gawaxab het in ’n onderhoud op Kletskompas, NMH se regstreekse aanlyn geselsprogram, gesê die paneel het ná wye beraadslaging met belangegroepe in die land reeds op 3 Julie ’n rits aanbevelings aan pres. Hage Geingob voorgelê.

Die staatshoof gaan hom tydens die tweedaagse beraad, wat vanoggend begin, oor baie van dié aanbevelings uitlaat, het !Gawaxab gesê.

“Ek verwag ’n aankondiging van die president oor die goed wat die mense pla oor implementering en hoe lank dit vat om goed gedoen te kry.”

Groot geld

Dit gaan níé ’n praatberaad wees nie, het !Gawaxab verseker.
Internasionale- en streekfinansierders is genooi. So ook alle groot pensioenfondse en beleggingsbanke uit Suid-Afrika. Verteenwoordigers van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) is ook hier.

’n Beleggingsteiken van US$1 miljard, sowat N$14 miljard, word nagejaag. Volgens !Gawaxab is dit nie ambisieus nie. Inteendeel, hy sal nie verbaas wees as dié bedrag oorskry word nie.
In teenstelling met vorige beleggingsberade gaan Namibië aan die einde van hierdie een weet presies hoeveel elke belegger binne die volgende twee jaar in watter projek gaan stort, het !Gawaxab gesê.

“Dit is nie ’n hierjy-oefening waarmee ons gaan besig wees nie. Ons gaan kyk of die beleggingsgeleenthede in die land met kapitaal kan verbind.”

Geld vanuit die privaat sektor maak die beraad moontlik. Die hoë­vlakpaneel het ’n totale begroting van N$3,5 miljoen aan die private sektor voorgelê. Borgskappe van N$4 miljoen is ontvang.

Vertroue

Net hóé verreikend die gevolge van beleggersonsekerheid is, blyk uit ’n onlangse verslag van die Ekonomiese Beleidsnavorsingsvereniging (EPRA).

Die regering het in Februarie 2016 die nuwe raamwerk vir gelyke ekonomiese bemagtiging (NEEEF) aangekondig. Later dieselfde jaar moes die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, die begroting drasties snoei om wegholskuld te probeer stuit en makroëkonomiese stabiliteit te herstel.

Die uitwerking op belegging was onmiddellik: In 2017 was bruto vaste kapitaalvorming teen heersende pryse sowat N$28,4 miljard – bykans 24% minder as die vorige jaar.
Verlede jaar het bruto vaste kapitaalvorming ongeveer N$24,2 miljard beloop – die laagste sedert 2011.

Volgens EPRA het private belegging verlede jaar tot die laagste vlakke sedert onafhanklikwording gedaal.

As Namibië “billike” ekonomiese groei van 3% tot 4% in die komende jare wil toon, sal samewerking met die private sektor verdiep moet word en beleggersvertroue herstel moet word, sê EPRA.

“Die regering moet ’n duidelike boodskap stuur (met dade, níé woorde) dat hulle hier is om met die private sektor saam te werk en dit te ondersteun alvorens ons volhoubare ekonomiese herstel en ’n heropbou van vertroue sal sien,” sê EPRA.

Vandag en môre se beraad bied ’n gulde geleentheid, meen die forum.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038