Nedersettingsrade in die rooi
Henriette Lamprecht – Volgens die ouditeur-generaal se verslae vir Outapi en Tses se boekjare wat op 30 Junie 2016 en 2017 onderskeidelik geëindig het, is daar onder meer geen ondersteunende dokumente vir verlofuitbetalings en ander uitgawes nie.
Vir Tses se nedersettingsraad was daar geen ondersteunende dokumente vir huislenings ter waarde van N$1,5 miljoen of vir N$1,1 miljoen se uitgawes nie.
Ondersteunende dokumente het ook nie verlofbetalings van sowat N$263 000 vergesel nie.
Die nedersettingsraad se bateregister is onvolledig, en ’n staat vir kontantvloei is nie ingedien nie.
By Okongo is salarisbetalings van N$116 836, toelae aan raadslede wat N$33 808 beloop, sowel as byvoegings tot bates in die finansiële staat, wat N$51 609 beloop, nie openbaar gemaak nie. Geen salarislêers, verlofkaarte- en -lêers, of persoonlike lêers vir raadslede is vir ouditdoeleindes verskaf nie.
By die Opuwo- en Outapi-dorpsrade lyk dinge nie veel beter nie.
Vir die boekjaar geëindig op 30 Junie 2017, blyk ondersteunende dokumente vir verskeie uitgawes die grootste kopseer vir die Opuwo-dorpsraad te wees.
Geen ondersteunende dokumente, wat onderskeidelik bedrae van N$193 244 en N$729 441 beloop, was beskikbaar vir krediteure nie – ook nie vir eiendom wat verkoop is teen ’n waarde van N$793 958 nie.
Geen dokumente het die slegte skuld verduidelik, wat meer as N$3,3 miljoen beloop nie.
Die ouditverslag wys die Outapi-dorpsraad het nie ’n kredietbeleid nie, terwyl die bestaan van bates nie gestaaf kan word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie