Nederburg 2006 skink uit die raarste kruik

10 November 2005 | Kollig
\nDIE 32ste Nederburg-veiling wat aanstaande jaar op 7 en 8 April plaasvind, sal \'n feesviering wees van rare Suid-Afrikaanse wyne, met nuwe wyne en kultivare wat dié wêrelddeel se beste wyne tentoonstel.
\nVolgens die nuut-aangestelde veilingbestuurder, Christine Joubert, skakel dié veiling - wat as een van die top vyf ter wêreld geag word - in 2006 terug na \'n tweedaagse geleentheid. Dit is om voorsorg te tref vir albei kante van die wynspektrum, sê sy.
\n\"Die fokus op die Vrydag is sakegerig, met wynproe- en netwerkgeleenthede vir kopers en deelnemers. Die Saterdag se pas is veel meer ontspanne met die gebruiklike sosiale hoogtepunte wat weer ingestel word.\"
\nVolgende jaar se tema - Rare South African Finds - word ook weerspieël in die program wat spog met nuwe talent op die mode-, lewenstyl-, musiek- en kulinêre front.
\nDie wyne wat op die veiling aangebied word, is die room van dit wat uitgesoek is deur drie panele van proewers wat bestaan uit wynmakers en -meesters, beoordelaars en keurders.
\nVolgens Duimpie Bayley, wat aan die stuur van een van die proepanele gestaan het en ook \'n konsultant is vir die veiling, het die gehaltevereistes in die afgelope drie jaar selfs strenger geword. Dit neem vyf jaar vir \'n wingerd om in volle produksie te kom en daarna moet die wyne nog verouder ook.
\n\"Dit is baie opwindend, omdat die wyne wat elke jaar vervaardig word, al hoe beter word in terme van gehalte én verbeterde wingerdgebruike.\"
\nUitnodigings is gestuur na bykans alle wynplase wat in die John Platter-gids voorkom en hulle word aangemoedig om net hul beste en raarste wyne in te skryf. Sowat 165 wyne is uitgesoek wat wissel van ware Suid-Afrikaanse bekendes en ook \'n paar gewilde kultivaars, soos Barbera, Pinot Noir en Semillon, asook versnitte soos Sangiovese/Barbera/Nebbiolo en Simillon/Voignier.
\nHoewel die veiling nie op Saterdag 8 April toegangklik is vir die breë publiek nie, sal hulle die wyn, kos en modes op 9 April kan beleef wanneer die Nederburg Wyn- en Modetentoonstelling van rare Suid-Afrikaanse Vondse plaasvind. Kaartjies vir dié spesiale geleentheid is ten bate van die Orgaanskenkerstigting, Mothers to Mothers en die Hospies Palliatiewe Sorgvereniging van Suid-Afrika.\n

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

18 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

18 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

18 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

18 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

18 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

18 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

18 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

18 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...