Nedbank se ontknoping afgehandel
Hanlie Stadler – Nedbank se ontknoping van Old Mutual is vandag voltooi.
Old Mutual het 32% van sy belang in Nedbank aan sy aandeelhouers ontknoop en hou nou ’n belang van 19,9%.
Dis die laaste stap in die herstrukturering van Old Mutual, wat meer as twee jaar gelede begin is.
Old Mutual-aandeelhouers ontvang 3,21176 gewone Nedbank-aandele vir elke 100 Old Mutual-aandeel wat hulle besit. Breukdele van aandele sal egter op die vrye mark verkoop word en aandeelhouers sal in die plek daarvan kontant kry in ooreenstemming met Nedbank se aandeelprys op 10 Oktober.
“Old Mutual glo die bestuurde skeiding het beduidende langtermynwaarde vir sy aandeelhouers ontsluit. Die skeiding stel elkeen van die ondernemings – Old Mutual, Quilter (voorheen Old Mutual Wealth, die Britse filiaal), BrightSphere Investment Group (voorheen Old Mutual Asset Management, die Amerikaanse filiaal) en Nedbank – in staat om onafhanklik binne hul onderskeie plaaslike markte werksaam te wees en te fokus op hul individuele ondernemings, vry van die koste en beperkings van ’n groter groepstruktuur.
“Elkeen van die ondernemings het nou makliker toegang tot kapitaalmarkte om groeigeleenthede te finansier en kan meer toepaslik gewaardeer word.”
Nedbank sal in die JSE se top-40-indeks bly, maar ’n baie groter persentasie aandele is nou verhandelbaar – 74,2% pleks van 43,3% voorheen.
’n Kapitaalterugbetaling is op 10 Oktober op Old Mutual toegepas wat die waarde van die ontknoping weerspieël. Geen verdere veranderinge sal uit die ontknoping voortspruit nie.
Old Mutual se vryverhandelbare aandele verhoog tot 72%, vergeleke met 61,5% vantevore.
Old Mutual se aandeelprys het net ná die opening van die JSE met 0,09% tot R22,04 gedaal en Nedbank s’n met 0,26% tot R244,20. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie