Neckartaldam: Visserye, akwakultuur ondersoek

Gemarginaliseerde gemeenskappe word betrek

03 December 2021 | Landbou
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop

’n Navorsingsprojek vir visserye en akwakultuur wat verlede week by die Neckartaldam van stapel gestuur is, het ten doel om gemarginaliseerde gemeenskappe sowel as gemeenskappe in die omliggende gebiede op te hef.

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, in vennootskap met die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), is aan die stuur van dié projek.

Volgens die FAO het die ministerie vroeër vanjaar tydens ‘n ondersoek na die volhoubaarheid van die akwakultuurprojek by die dam vir steun gevra.

In ‘n toespraak deur die FAO se verteenwoordiger in Namibië, me. Farayi Zimudzi, het die organisasie tegniese ondersteuning verleen om die potensiaal van visserye en akwakultuur by die Neckartaldam te ondersoek.

“Die organisasie het positief gereageer en ’n tegniese samewerkingsprojek ontwikkel wat die voorsiening van toerusting en tegniese kundigheid, sowel as ondersteuning in kapasiteitsontwikkeling, insluit.

“Die navorsingsprojek sal na verwagting sleutelopbrengste tot gevolg hê – waaronder ‘n haalbaarheidstudieverslag en ‘n omgewingsimpakverslag,” het Zimudzi se verteenwoordiger, mnr. Ferdinand Mwaapopi, namens haar gesê.

Hulle het voorts gesê die navorsingsprojek sal na verwagting bewustheid oor visserye en akwakultuur rondom die dam onder die omliggende gemeenskappe en landswyd skep.

“Hierdie projek is goed in pas met ’n groter projek wat die FAO in die ministerie van visserye ondersteun waar ons saam ’n nasionale plan van aksie vir kleinskaalse visserye ontwikkel het,” het sy verder gesê.

BEMAGTIG GEMEENSKAPPE

Die projek het glo ten doel om gemarginaliseerde en kwesbare gemeenskappe te bemagtig deur verbeterde deelname binne die visbedryf.

Die navorsingsprojek is nog besig om vorm aan te neem en sal amptelik in 2022 afskop.

Sy het voorts gesê kleinskaalse vissermanne, ambagsvissers, visboere en viswerkers het sonder twyfel enorme potensiaal om beduidende veranderinge in produksie, verwerking, verspreiding en verbruikspatrone van vis en akwatiese produkte aan te wakker – wat sal bydra tot gesonde en veelsydige diëte, mense se lewensbestaan, gemeenskapswelvaart en tradisionele kultuur.

Die projek het die positiewe en negatiewe impak op die akwatiese stelsels, visserye en akwakultuur uitgelig, sowel as versagtings- en bestuursmaatreëls vir bewaring en die volhoubare gebruik van mariene hulpbronne.

Volgens die goewerneur van die ||Kharasstreek, me. Aletha Fredericks, is die streekraad opgewonde om saam met die ministerie te werk om te verseker die navorsingsprojek is ‘n sukses.

“Dié sal ‘n projek wees wat baie werksgeleenthede vir plaaslike inwoners sal skep, en ek moedig entrepreneurs en boere wat boerderybesighede op die been wil bring sterk aan om geïntegreerde boerdery-aktiwiteite te oorweeg wat beide landbou en akwakultuur behels. Ongeveer 30 000 mense word deur kleinskaalse visserye ondersteun.

“Vroue en jongmense moet ook bemagtig en geleer word hoe om vis te vang, te verwerk en te bemark. Infrastruktuur wat kan help met hierdie opleidingsgeleenthede moet ook opgerig word. My kantoor sal meer as bereid wees om in daardie verband te help,” het Fredericks tydens die bekendstelling gesê. - [email protected]

Soortgelyk

 

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

59 minute gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

1 uur gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

5 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

15 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

15 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

15 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

15 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

15 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...