Neckartaldam kry water

Naute se sluise oop

14 February 2019 | Weer
Elvira Hattingh – Terwyl die Nautedam, wat verlede week 61,7% vol was, soveel water bygekry het dat die sluise oopgetrek moes word, het die nuutgeboude Neckartaldam die afgelope week ook ‘n invloei van water gehad.

Die Hidrologiese Dienste van Namibië het gister in hul jongste vloedbulletin ‘n lugfoto gedeel van die Neckartaldam, wat in die Visrivier geleë is. Dit is deur die Europese Ruimteagentskap (ESA) se Sentinel 2A-satelliet geneem en wys die dam het heelwat water gekry.

Dié dam se vlakke word nog nie deur NamWater gemonitor nie omdat dit nog nie amptelik aan die onderneming oorhandig is nie.

RIVIERVLAKKE STYG

Die Visrivier het tydens die publikasie van die jongste vloedbulletin sowat 13 cm diep by Tses gevloei, nadat dit Dinsdagoggend so diep as 46 cm gevloei het. ‘n Week vantevore was dié rivier slegs 10 cm diep.

Intussen het die Zambezirivier se vlakke by Katima Mulilo sedert die begin van die week met altesaam 9 cm gestyg en staan dit nou op 1,42 m, waar dit op Dinsdag 1,35 m diep gevloei het. Dié rivier bevat steeds heelwat minder water as verlede jaar dieselfde tyd, toe dit op 3,55 m gestaan het.

Die Okavangorivier by Rundu se vlakke is besig om vinnig te styg en staan tans op 4,79 m – 8 cm dieper as twee dae vantevore. Dit is steeds laer as verlede jaar dieselfde tyd toe die rivier 5,64 m diep gevloei het.

HOËR DAMVLAKKE

Danksy ‘n invloei van 34,262 miljoen kubieke meter (Mm³) water in die Suide se Nautedam, het dié dam se vlakke met meer as 40% gestyg. Toe dit teen Maandag 104,1% bereik, het NamWater die sluise oopgetrek om die vlak weer tot 100% te laat daal.

Geen ander damme wat deur NamWater gemonitor word, het die afgelope week ‘n invloei van water gehad nie. Die invloei in die Naute was só groot dat dit die nasionale gemiddeld van al die water wat in damme gehou word, met 4,3% gelig het, volgens NamWater se jongste damverslag.

Tans hou damme gemiddeld sowat 35,4% water, in vergelyking met verlede week dieselfde tyd toe dié syfer op 31% gestaan het. Dít is steeds laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe damme gemiddeld 41% water bevat het.

Die Swakoppoortdam is nog 20,1% vol, die Von Bachdam 49,3% en die Omatakodam 0,7%. Gemiddeld bevat dit 0,3% minder water as ‘n week vantevore en ook meer as 10% minder as dieselfde tyd verlede jaar.

Die Goreangabdam is tans 90,1% vol, die Otjiverodam staan op 4,4% en die Tilda Viljoendam op 3,8%.

Die Hardapdam het nog sowat 30,2% water oor, terwyl die Oanobdam 55,3% water hou.

Al die damme in Namibië hou tans gesamentlik 246,161 Mm³ water – heelwat minder as verlede jaar dieselfde tyd toe 300,702 Mm³ water oor was.

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

3 ure gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

19 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

19 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

19 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

19 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

19 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

19 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...