NDP5 vol gru00f3u00f3t beloftes
NDP5 vol gru00f3u00f3t beloftes

NDP5 vol gróót beloftes

Van armoede en misdaad tot die ekonomie en onderwys: Die NDP5 is deurspek met ‘n magdom teikens.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Sowat 7 200 nuwe huise, 6 500 gedienste erwe en 40 000 werkgeleenthede jaarliks tot die einde van Maart 2022 is van die doelwitte wat in Namibië se nuwe ontwikkelingsbloudruk nagejaag word.

Die Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5), wat gister deur pres. Hage Geingob bekend gestel is en sowat N$164,2 miljard gaan kos om te implementeer, teiken Namibiërs se lewens op alle vlakke.

Die 11% van die bevolking wat volgens die jongste statistiek baie arm is, moet teen afloop van die NDP5 tot 5% verminder. Waar 18% tans as arm beskou word, moet net 10% van Namibiërs dan in dié kategorie val. Om dít te vermag, gaan onder meer ‘n omvattende nasionale program vir maatskaplike beskerming uitgebrei word.

Die algehele armoedesyfer op die platteland moet van 37% (soos gemeet in 2010) tot 25% val. Van die planne wat hier ingespan gaan word, is aansporingsmaatreëls vir die private sektor om daar te belê.

Armoede in Namibië gaan onder meer getakel word deur voedselproduksie plaaslik te verhoog. Teen 2022 moet dit 30% hoër as die plaaslike produksie in 2016 wees.

In dié verband word die belangrike rol van landbou beklemtoon. Hoewel dié sektor min tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) bydra, ondersteun dit 70% van die bevolking, luidens die NDP5. Boonop verskaf landbou werk aan sowat ‘n derde van die land se arbeidsmag.

Werk

Met die ekonomie wat veronderstel is om jaarliks met gemiddeld sowat 4,6% te groei, gaan sowat 200 000 nuwe werkgeleenthede in totaal die volgende vyf jaar geskep word.

Die konstruksiesektor – tans in resessie met reuse-werkverliese as ‘n gevolg – moet vir 24 000 van dié geprojekteerde poste sorg.

Die MSME-sektor (ondernemings van mikro-, klein- en mediumgrootte) moet tydens die NDP5-termyn in totaal 45 600 werkgeleenthede skep. Teen 2022 moet dié sektor werk aan 177 600 mense verskaf.

Finansiering bly een van MSME’s se vernaamste struikelblokke. As sulks gaan mikrolenings aan dié sektor onder die NDP5 van N$2,3 miljard tot N$3 miljard verhoog.

Toerisme se werkverskaffing moet van 29 000 (in 2014) tot 43 000 teen 2022 verhoog. Om groei in dié bedryf te verseker, sal toeriste wat Namibië besoek, binne vyf jaar van 1,4 miljoen (in 2015) tot 1,8 miljoen moet styg.

Waardetoevoeging is ook deel van die regering se arsenaal teen werkloosheid. Waar 23% van natuurlike hulpbronne wat in 2015 gemyn is, plaaslik verwerk is voordat dit uitgevoer is, is die 2022-teiken 46%.

Waarde sal voorts aan 50% van totale toelaatbare vangste (TAC’s) in die visbedryf toegevoeg moet word alvorens dit uitgevoer mag word. Die uitvoer van plaaslik vervaardigde goedere – diamante uitgesluit – moet van 34,7% (in 2015) tot 50% styg.

Die NDP5 poog om werkloosheid onder die jeug van 39,2% (in 2014) tot 33% te laat krimp.

Behuising

Sowat 19% van huishoudings woon tans in skuilings wat uit afvalmateriaal gebou is.

Die NDP5 wil dié syfer teen 2022 tot 12% verminder. Altesaam 36 000 huise en 32 500 gedienste erwe in totaal word vir die tydperk beplan.

Om die teiken vir gedienste erwe haalbaar te maak, gaan vennootskappe tussen die regering en die private sektor (PPP’s) in alle plaaslike owerhede bevorder word.

Luidens ‘n konsepdokument van die NDP5 in Republikein se besit, het die massabehuisingsprogram wat in 2013 van stapel gestuur is, nog net 1 023 huise opgelewer en word 3 181 huise tans gebou. Dit is ver onder die amptelike teiken van 10 278 huise jaarliks.

Tans gebruik 72% van plattelandse inwoners die natuur as toilet. Teen 2022 moet dit tot 60% verminder word. Toegang tot water op die platteland moet van 84% tot 95% styg.

Onderwys

Teen die einde van die NDP5 moet 60% van alle preprimêre onderwysers gekwalifiseer wees teenoor die 45% tans.

96% van laerskoolkinders moet hul primêre opleiding voltooi teenoor 88,6% huidig.

Waar net 36% van leerders in 2015 vir universiteit gekwalifiseer het, moet 50% teen 2022 daartoe in staat wees. Studente wat hul universiteitskursusse voltooi, moet van 50% tot 70% groei.

Volgens die NDP5 toon 2010-syfers 58% van die San, Ovatue en Ovatjimba het nooit skool bygewoon nie. Teen 2022 moet dit net 20% wees.

Die nuwe ontwikkelingsplan wil die gesondheidsaangepaste lewensverwagting (HALE) van 58 jaar (in 2015) tot 67,5 jaar verhoog.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.66 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.71/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 859.60/T UP 1.34% | Brent Crude Oil US$ 87.72/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 932.63/OZ DOWN -0.0038