NDF het twu00e9u00e9 plase gekoop
NDF het twu00e9u00e9 plase gekoop

NDF het twéé plase gekoop

Nóg 'n geraamte in die vorm van 'n plaastransaksie het uit die ministerie van verdediging se kas geval.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die ministerie van verdediging (NDF) het nie net die plaas Oropoko by die Duitse grond­eienaar Kurt Steinhausen gekoop nie, maar het ook 'n kontrak gesluit vir die koop van sy aangrensende jagplaas, Otjisemba.

Vir dié plaas van 5 139 ha het die ministerie N$24 miljoen aangebied. N$10 miljoen is reeds as roukoop na die trustrekening van 'n Windhoekse prokureursfirma oorbetaal.

Dié twee plase, wat saam nagenoeg 16 000 ha beslaan en die ­belastingbetaler N$69 miljoen uit die sak gejaag het, is sowat 130 km van Windhoek af aan die Okahandja-­Karibib-pad geleë.

Die bom oor die koop van Oropoko vir N$45 miljoen in 'n tyd waarin die nasionale ekonomie in 'n oorlewing­stryd gewikkel is, het verlede maand gebars toe Republikein die eerste was om daaroor te berig.

Die transaksie het dadelik vuur getrek uit die hoogste kantoor toe pres. Hage Geingob gesê het mnr. Penda ya Ndakolo, minister van verdediging, moet dit verduidelik.

Nie 'n woord is egter deur hom óf die NDF se amptelike woordvoerder, maj. Petrus Shilumbu, oor die koop van Otjisemba gerep nie.

Ya Ndakolo het so onlangs as verlede Donderdag in die Nasionale Vergadering (NV) in antwoord op vrae van mnr. Mike Kavekotora van die RDP oor die omstrede plaastransaksie net na Oropoko verwys.

Dit blyk uit dokumente in Republikein­ se besit die kontrak vir die koop van Otjisemba is op 19 Mei verlede jaar tussen Steinhausen in sy hoedanigheid as direkteur van Otjisemba­ Limited, en mnr. Willem Goeieman as die permanente sekretaris van werke en vervoer onderteken.

Goeieman het by navraag aan Republikein gesê die plaas is vir die NDF gekoop, maar dat hy die kontrak gesluit het aangesien hy “as die rekenpligtige beampte van die regering alle eiendomstransaksies namens die regering onderteken”.



PROSEDURE NIE GEVOLG

Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, het die transaksie gister by navraag bevestig.

Hy sê hoewel die ministerie van werke en vervoer alle vaste eiendom namens die regering administreer, moes die tesourie egter die goedkeuring daarvoor gegee het. Dit het nooit gebeur nie.

Schlettwein sê betalings vir die plase is deur die ministerie van ­finansies gemaak aangesien dit as “onbetaalde fakture” voorgelê is.

“Die betaling het deurgeglip in dié tyd toe ons in die begroting spesiale voorsiening gemaak het vir die betaling van uitstaande rekenings deur die regering.”



Hy het benadruk die regte prosedure is nie gevolg nie, maar gee toe dat die tesourie self ook oortree het deurdat hy dit sonder verdere ondersoek betaal het.

'n Ontstoke Schlettwein sê fiskale ongedissiplineerdheid deur die regering kos die land baie geld. “Ons doen nie dinge volgens prosedures nie en ons koop die goed wat ons graag wil hê, maar wat nie nodig is nie. Dit is baie onstellend!”

Ya Ndakolo het die Oropoko-transaksie verlede week in die NV soos volg verdedig: “Ek dog ons het geveg vir grond en ek het gedog ons wou grond hê. So, laat mense verstaan die ministerie van verdediging het grond gekoop wat 'n bate is en wat nodig is vir die verdediging van die land.”

Teen druktyd gister het die NDF nog nie gereageer op die skriftelike navrae oor die Otjisemba-transaksie wat die vorige dag al voorgelê is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!