NDF eers later na Liberië

30 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
NAMIBIË se troepe wat deel uitmaak van die Verenigde Nasies (VN) se vredesmag in Liberië, sal eers teen die middel van volgende maand hul taak in die land opneem.
Die beplanning was dat die sowat 900 soldate reeds verlede maand na Liberië moes vertrek, maar die minister van verdediging, mnr. Erkki Nghimtina, sê dit kon weens logistieke probleme nie plaasvind nie.
Mnr. Nghimtina sê die soldate het reeds opleiding ontvang en \'n voorspan was in Liberië om hul van die toestande in die land te vergewis.
\"Ons moet weet onder watter omstandighede die Namibiese soldate diens gaan doen, watter siektes in die land voorkom sodat die nodige reëlings in dié verband getref kan word en watter toerusting saamgeneem moet word,\" het mnr. Nghimtina aan Republikein gesê.
Volgens die ooreenkoms met die VN moet die troepe die eerste 90 dae selfversorgend wees, waarna die vredesorganisasie dié funksie sal oorneem.
Die ministerie van verdediging het N$57 miljoen in die bykomende begroting vir die Liberiese sending beskikbaar gestel, maar mnr. Nghimtina wys daarop dat dié geld weer deur die VN aan die Namibiese regering terugbetaal sal word.
Volgens die minister sal die soldate met wapens en ammunisie uitgereik word en sal hulle ook van troepedraers voorsien word om hul pligte in die Wes-Afrikaland te gaan uitvoer.
Die VN beplan om tussen 12 000 en 15 000 soldate in Liberië te ontplooi wat sal help met die stabilisering van die land en demobilisasie van die vegtende groepe. Sodoende kan Liberië beveilig word sodat demokratiese verkiesings vir \'n nuwe regering gehou kan word.
Mnr. Nghimtina sê die vertraging om die Namibiese bataljon na Liberië te stuur, beteken nie dat hulle nie slaggereed vir hul taak is nie.
\"Die troepe is voorbereid om hul taak in Liberië met sukses te gaan vervul,\" het mnr. Nghimtina beklemtoon.
Intussen doen vyf Namibiese waarnemers van die ministerie van verdediging diens as deel van die VN se vredesmag in Eritrea en Kosovo. Vier verteenwoordig Namibië in Eritrea en een in Kosovo.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

1 dag gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

1 dag gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

1 dag gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

1 dag gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

1 dag gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...