NDF-bus val op kuspad

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
TWAALF lede van die Namibiese weermag is op Swakopmund in die hospitaal opgeneem nadat hul NDF-bus vroeg gisteroggend net suid van Myl 108 die pad verlaat en op sy sy beland het. Vier van die soldate word vir beenfrakture behandel.
Aanduidinge op die ongeluksto-neel is dat die bus op nat stuk pad ná misweer in die nag gegly het. Dit het van die pad geloop, sandskouer getref en op sy sy geval. Die soldate het blykbaar deur die nooduitgang en die ruimte vir die voorruit uit die wrak gekom.
Volgens die eerste berigte was daar 36 soldate in die bus, maar reddingspersoneel het gister beweer dat dit so min as 22 kon wees. Die soldate was op Terracebaai gestasioneer en was op pad terug nadat skofte omgeruil is. Die President van Namibië, mnr. Sam Nujoma, is vir die Kersgety op Terracebaai.
Die ongeluk het gister tot groot reddingspoging van Swakopmund gelei. In stadium is vakan-siegangers deur radiodienste ver-soek om die kusweg oop te hou sodat konvooi reddingsvoertuie maklik kon deurkom. Op en om die ongelukstoneel was uiteindelik vyf ambulanswaens en drie reaksie-voertuie met noodmediese perso-neel aan diens.
Tweede NDF-voertuig was kort ná die ongeluk op die toneel. Die vragmotor het beweerde 19 soldate, onder wie beseerdes, opgelaai en hulle suid in die rigting van Hentiesbaai en Swakopmund vervoer. Die konvooi reddings-voertuie het dié vragmotor in die omgewing van Myl 72 ontmoet waar die eerste noodbehandeling toege-dien is.
By Myl 72 was mededeling dat nog drie soldate in die wrak vas-gepen is. Die drie is deur die reddingswerkers bereik, maar nie een se toestand is gistermiddag as ernstig bestempel nie.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...