Ndeitunga nou onseker oor staatsvoertuie sonder lisensies

Mathias Haufiku
Mathias Haufiku – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie (Nampol), lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het Donderdag gesê hy het dalk ultra vires opgetree toe hy verlede jaar ’n interne memorandum aan verkeersbeamptes landswyd uitgereik het om nie verkeerskaartjies aan staatsvoertuie met vervalde lisensieskyfies uit te reik nie.

Dié stap, wat verlede week in die openbaar aan die lig gekom het, het lede van die publiek laat rooi sien en bewerings is gemaak dat Ndeitunga van die oppergesag van die reg afgewyk het om ’n onwettige opdrag te bekragtig.

Ndeitunga, wat steeds met vakansie is, het Donderdag gesê hy kan nie die motief vir sy opdrag onthou nie, maar hou vol dit was om ’n “goeie rede”.

“Daar moet ’n goeie rede wees hoekom ek daardie opdrag uitgereik het, maar ek kan nie die rede onthou nie. Wanneer ek terug op kantoor is, sal ek my lêers deurgaan,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg: “Miskien het ek ultra vires opgetree, maar ek moet dit bevestig wanneer ek by my lêers uitkom.”

Die polisiehoof, wat homself gereeld midde omstredenheid bevind, het in Julie 2021 dié opdrag aan verkeersbeamptes in alle streke uitgereik nadat sy kantoor tevore talle klagtes ontvang het oor bestuurders van staatsvoertuie wat verkeerskaartjies ontvang het vir vervalde lisensieskyfies.

Bestuurders van staatsvoertuie het glo koue voete gekry oor die gereelde verkeerskaartjies wat aan hulle uitgeskryf is weens die toestand van die voertuie wat hulle moes bestuur – tot só ’n mate dat ’n droogtehulp-verspreidingsprogram in landelike gebiede nie kon realiseer nie..

STADSPOLISIE SAL NIE INGEE

In reaksie op Ndeitunga se opdrag, het Windhoek se stadspolisiehoof Abraham Kanime gewaarsku sy magte sal nié lisensieskyfies op staatsvoertuie wat verval het ignoreer nie omdat “niemand bo die wet verhewe is nie”.

“Die wet is duidelik en dit moet gelyk vir almal geld. Ek moes selfs gister [verlede week Dinsdag] een van die stadspolisievoertuie onttrek het weens ’n gekraakte venster,” het hy aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê.

Op die vraag of die munisipale polisie in Ndeitunga se voetspore sal volg, het Kanime geantwoord: “Waar sal ek daardie mag kry om so ’n vrystelling toe te staan? Die hof moet ons vrystellings gee.”

“Wette is daar vir ’n rede, anders kan ek môre net wakker word en vir my beamptes sê om nie boetes aan my vriende uit te reik nie,” het hy verder gesê.

Terwyl die Namibiese polisie in die duister is oor die aantal verkeerskaartjies wat sedert die begin van 2021 uitgereik is aan bestuurders van staatsvoertuie met lisensies wat verval het, het bronne binne die regering gesê Ndeitunga se vrystelling kon maklik ‘n inkomstetekort van honderdduisende – wat in die Paaieowerheid (RA) se geldkoffer sou beland – tot gevolg hê.

“Jy moet onthou die geld wat deur die Paaieowerheid ingesamel word, word aangewend vir bedrywighede en ontwikkelings soos die bou en instandhouding van paaie. Waar dink Ndeitunga moet hierdie geld vandaan kom?” het ‘n staatsamptenaar, wat verkies het om anoniem te bly, gevra.

ONBEïNDRUK

Openbare vervoeroperateurs, wat agentskappe vir verkeerswetstoepassing dikwels daarvan beskuldig dat hulle hul doelbewus teiken, was onbeïndruk toe hulle van Ndeitunga se “eensydige besluit” verneem het.

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta), mnr. Pendapala Nakathingo, het die besluit bevraagteken en gevra wat die rasionaal daaragter is om voertuie wat met staatshulpbronne gekoop is, vry te stel.

“As dit gesê kan word, Nabta is vrygestel vanweë Covid-19 omdat ons nie geld gemaak het nie – dit kan mens verstaan. As die regering met sy eie begroting, sy eie geld, vrygestel word, wat was die redenasie? Ons as Nabta wil weet wat die rede agter die besluit is. Dit klink onregverdig,” het hy gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068