NCE: Handel in ietermagôs styg
Die Namibiese Kamer van die Omgewing het 'n bewusmakingsveldtog ten bate van die mees gesmokkelde dier in die wêreld van stapel gestuur.
Francoise Steynberg
Volgens die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) is daar 'n drastiese styging in die onwettige vang, jag en handel in ietermagôs in Namibië vir internasionale markte in Asië.
Die NCE het met 'n veldtog begin om Namibiërs bewus te maak van die bedreigde spesie-status van dié mees gesmokkelde dier in die wêreld en om 'n einde te bring aan die onwettige handel daarin.
“Ons het 'n gesamentlike nasionale poging nodig om die probleem van die onwettige handel van ietermagôs na Asië te takel,” sê dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die NCE.
Die ministerie van die omgewing en toerisme, Namibië se kommunale bewaringsgebiede en hul ondersteuningsorganisasises, Nacso en die Wêreldwildlewefonds (WWF), is ook betrokke by die inisiatief.
“Wildmisdaad is 'n ekonomiese en omgewingsmisdaad teen alle plaaslike gemeenskappe en die nasie. Ons doen 'n beroep op alle Namibiërs om ons ietermagôs in Namibië lewend te hou, waar hulle hoort,” sê Brown.
“Ietermagôs hoort nie dood in Asië waar hulle geen waarde het behalwe vir kriminele sindikate nie. Die grootste aanvraag na ietermagôs is in Asië, veral in China.”
Brown sê die hoofrede vir die aanvraag is ietermagôs se skubbe, wat bestaan uit keratien soos in vingernaels, hare en renosterhorings en dit word in tradisionele oosterse medisyne en vir ornamente gebruik.
“Die skubbe het geen medisinale voordele nie. Dit is 'n Asiese mite wat groot omgewingskade verrig,”sê Brown.
Hy sê ietermagô-vleis word ook teen hoë pryse in Asiese restaurante verkoop.
Die NCE het plakkate ontwerp wat oral in Namibië versprei sal word. Voorts word 'n kontantbeloning aangebied vir enige inligting wat lei tot die inhegtenisname van oortreders wat ietermagôs vang, jag of daarmee handel dryf.
Skakel 081 413 2214 of 081 423 2231. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie