NCCS-span kry Craven vir toer in Wynland
NCCS-span kry Craven vir toer in Wynland

NCCS-span kry Craven vir toer in Wynland

'n Toer met UCI-status en altesame R300 000 in prysgeld wag om in Wes-Kaap gewen te word.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Dan Craven as gesoute internasionale jaer en kaptein van die NCCS Pupkewitz-padfiets­span, sal Chiponeni (Fiffy) Kashululu, Xavier Papo, Danzel de Koe, Johannes (Jo-Joe) Hamunyela en Thulazizwe Mxenge vanaf 4 tot 8 Maart by die Takealot Tour of Good Hope met sy 5 218 meter se klimme onder sy vlerk neem.

Die 36-jarige Craven, wat twee naweke gelede die Nedbank Cycle Challenge teen 'n klomp topklas uitdagers gewen het en net net-net tweede by die nasionale padresieskampioenskap was, sal sy ervaring inspan om sy jaers sorgvuldig oor die vyf skofte en 409 km te bestuur.

Die toer is nie net vir professionele spanne nie, maar ook vir amateurryers (spanne en solo) wat die uitdaging wil aanpak.

Die Hoër Landbouskool Boland wat 'n klipgooi ver agter Paarlberg en 'n paar kilometer van die skilderagtige Paarl in die Drakenstein se munisipale grense geleë is, sal vir die week as basis dien van waar jaers hul aanslag op die wynland sal loods.

Die toer is gewis nie sommer 'n hierjy affêre nie, maar 'n behoorlike internasionale geleentheid waar buitelandse jaers kosbare UCI-ranglyspunte wil kom insamel.

Die Union Cycliste Internationale (UCI) het onlangs die Tour of Good Hope as 'n UCI 2.2-byeenkoms geklassifiseer, wat oral opgewonde reaksie ontlok het. Nie net wil Dimension Data, TEG ProCycling en ProTouch in Suid-Afrika hul spanne stuur nie, maar belangstelling is ook uit Frankryk, Duitsland, die Verenigde Arabies Emirate, Mauritius asook ander Afrika-lande ontvang.

Met die 2020 Olimpiese Spele in Tokio op die horison en sy kontinentale kwalifiserende geleentheid binnekort, sal menige ernstige padfietsryer soveel UCI-punte moontlik wil insamel, want die kwalifikasie-periode vir Tokio sluit aan die einde van Oktober vanjaar.



Die roete

Tradisioneel word die tydtoets aan die begin van 'n toer gehou, maar om dinge interessant te maak, het die organiseerders besluit om dit in die middel van die week aan te bied.

Die Maandag se roete op die eerste dag (63.5 km) is hoofsaaklik plat en vinnig. Dinsdag se skof van 97.8 km sal soortgelyk wees met net die Kaap se suidoostewind wat 'n faktor kan wees.

Woensdag kom die individuele tydtoets oor 26.5 km vir die professionele jaers aan die beurt terwyl die amateurs 'n spantydtoets sal voltooi. Dié interessante wedren spring by die Boland Landbouskool weg en eindig ook daar.

Die Donderdag se vierde skof van 149 km sal 'n ware toets vir die ryers wees wat die Bainskloof- en Bothmaskloof-passe met 'n totale klimhoogte van 1 752 m insluit.

Dag vyf se aksie van 71 km sluit af op die Paarlberg by die Afrikaanse Taalmonument, wat die enigste noemenswaardige klimdeel (950 m) van die skof is.

Jacob Kiyola, hoofbestuurder en skakelbeampte van die NCCS-span, sê: “Ons wil graag sien hoe goed ons teen ander spanne op kontinentale vlak kan vaar. Ons het 'n sterk span uit ons eie stal gekies en ons doelwit is om die eerste Namibiese span te word wat binnekort internasionaal gaan deelneem. Deur die ryers bloot te stel, sal hulle as 'n span ontwikkel.

“Die ouens is goed voorberei en hopelik kan hulle goeie rekenskap van hulself in die Kaap gee. Ongelukkig moet ons nog 'n borg bekom om na Kaapstad vir deelname te kan reis,” het Kiyola gesê.

Die span beplan om op Sondag 10 Maart die uiters gewilde 109 km van die Kaapstad-fietstoer te pak wat tevore as die jaarlikse Cape Argus bekend was.

- Bygewerk van Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048