NBL: 'As jy gaan drink en bestuur . . . '

'n Plaaslike brouery het, in samewerking met korrektiewe dienste, beeldmateriaal geskiet wat hard gaan slaan.
As jy gaan drink en bestuur, moet jy verwag die moontlikheid bestaan dat jy voorts 'n nuwe lewe gewoond moet raak – een in die tronk waar jy dalk moet vloere was en waar jou enigste kontak met geliefdes telefonies sal wees.

Dít is die boodskap wat Namibia ­Breweries Limited (NBL) deur middel van 'n nuwe advertensie by Namibiërs wil tuisbring in 'n poging om verantwoordelike drankgebruik te bevorder en die hoë padongeluk- en sterfte­syfer te verminder.

NBL, 'n filiaal van die Ohlthaver & List-groep (O&L), het dié ­advertensie in samewerking met die ministerie van veiligheid en sekuriteit se korrektiewe dienste in 'n Namibiese tronk geskiet. Die advertensie sal van Julie af op NBC asook One Africa Television (OATV) uitgesaai word.

Die tema van die advertensie is “As jy dronk gaan bestuur, welkom by jou nuwe lewe”, en dit is deur Weathermen & Co, 'n O&L advertensie-agent­skap, vervaardig.



'swak besluite'

Hierin word die harde werklikheid van die gevolge van dronkbestuur gewys.

Tydens die bekendstelling van die advertensie, wat ook deur beamptes en verteenwoordigers van Namibië se korrektiewe dienste en ander belanghebbendes bygewoon is, het NBL se besturende direkteur, mnr. Wessie van der Westhuizen, sy kommer oor die verlies van onskuldige lewens weens individue se onverantwoordelike ­besluite uitgespreek.

“Hierdie ongelukke hou dikwels met alkohol verband. Ek wil egter hê ons moet onsself vra: Is dit regtig net alkohol se skuld, of die swak ­besluite wat óns neem? Hierdie ­nasionale ramp vereis 'n verandering in die ­ingesteldheid, gedrag en houding van pad­gebruikers.

“Deur die advertensie wil ons ­beklemtoon hoe dronkbestuur 'n ­nadelige en hartseer uitwerking op ons landgenote en geliefdes se lewens het. Ek is baie trots daarop dat ons saam met Namibië se ­korrektiewe dienste kon werk in die NBL se jongste ­inisiatief.”

Komm.genl. Tuhafeni Hamunyela, wat Namibië se korrektiewe dienste by die bekendstelling verteenwoordig het, sê die advertensie is 'n kragtige manier om ­onverantwoordelike gedrag te ontmoedig en het NBL ­daarvoor geprys.

“Nie net dui die advertensie op wat die gevolge van 'n mens se besluite op ander se lewens kan wees nie, maar ook watter impak dit op jouself kan hê,” het Van der Westhuizen gesê.

Die advertensie is op YouTube (https://youtu.be/mc3C6XIJNaY) en is ook reeds verskeie kere op ­Facebook gedeel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!