NBC-werkers dreig met staking

Werknemers van die nasionale uitsaaikorporasie is ontevrede oor kwessies rondom salarisverhogings en -aftrekkings.
Augetto Graig
Augetto Graig



Werknemers van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) het gistermiddag voor die hekke van die uitsaaier se hoofkantoor in Windhoek betoog.

Hulle wou nie hul klagskrif aan die NBC se bestuur oorhandig nie, en het geëis dat mnr. Sven Thieme, die NBC se raadsvoorsitter, of enige ander raadslid hul klagskrif in ontvangs neem.

Thieme is egter tans uitstedig en geen ander raadslid was beskikbaar nie.

Volgens me. Taucy Tjijombo, voorsitter van die NBC-werkersvakbond, het gesê die werknemers is bereid om daagliks tydens die etensuur te betoog tot 'n raadslid hul klagskrif ontvang.

Sy het gesê daar sal in elke landstreek betoog word.

Hoewel Tjijombo die klagskrif nie aan Republikein wou wys nie, het sy die inhoud daarvan bespreek.

Eerstens eis werknemers 'n salarisverhoging van 6%, waarop twee jaar gelede glo met die bestuur ooreengekom is.

Hulle eis dat dié verhoging terugwerkend geld.

Die groep is ook ontevrede oor hul werksvoorwaardes, en eis dat kon­trakwerkers voltyds aangestel word, het Tjijombo gesê.

'n Groot bron van kommer is dat die NBC glo bydraes tot 'n pensioenfonds, mediese fonds en ander voordele van werknemers se salarisse aftrek, maar dit nie aan diensverskaffers oorbetaal nie.



dienste gestaak

Volgens Tjijombo eis die werknemers dat die NBC teen 1 Julie hul kontrakte met die betrokke diensverskaffers kanselleer sodat werknemers nuwe kontrakte kan sluit.

Van die werknemers het gekla die uitsaaier se wanbetaling het tot gevolg dat van die dienste wat aan hulle verskaf word, gestaak is.

Tjijombo het gesê werknemers is bereid om te staak indien gehoor nie aan hul vereistes gegee word nie.

Op een betoger se plakkaat word gedreig dat 'n staking teen 19 Junie kan begin indien hul betoging nie vrugte afwerp nie.

Mnr. Vezenga Kauraisa, hoof van menslike hulpbronnebestuur by die NBC en tans waarnemende hoofbeampte, het gesê hy neem kennis van die werkers se versoek om hul klagskrif aan 'n raadslid te oorhandig. Hy het onderneem om die boodskap oor te dra.

Verskeie vakbonde het ter ondersteuning ook aan die optog deelgeneem, insluitende die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu), die Namibiese Unie vir Huishulpe en Verwante Werkers (Ndawu), en die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!