NBC-staking: Partye om die tafel
Hoe programme op die lug gehou word, is 'n strydvraag in die staking wat reeds 'n derde week betree het.
Augetto Graig – Meer as twee weke sedert ‘n staking by die nasionale uitsaaier begin het, het partye gisternamiddag met ‘n bemiddelaar hul verskille probeer uitspook.
Verteenwoordigers van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) en die NBC-direksie het teenoor mekaar stelling ingeneem.
‘n Sentrale vraagstuk was volgens ’n bron na aan die onderhandelinge om by die bemiddelaar ’n definisie van die term instaanwerker te kry. Volgens die vakbond gebruik die uitsaaier instaanwerkers om veral die nasionale radiodiens terug op die lug te kry.
Die NBC-bestuur se verweer is glo dat hulle rekenaarprogrammering gebruik, maar die vakbond sê werknemers moet steeds die inhoud beplan en skeduleer. “Al die werknemers staak saam met ons,” het die bron gesê.
Die bestuur poog om ook weer nuusuitsendings te hervat.
Dit was teen druktyd onbekend wat die uitslag van die vergadering was.
Napwu beskou die gebruik van instaanwerkers as ‘n oortreding van die reëls vir die staking. Dit is ‘n kwessie wat hulle in die hof wil betwis.
Teen gister was 144 van die NBC se 528 werknemers by die werk volgens die uitsaaier se woordvoerder, me. Umbi Karuaihe-Upi. Dit verteenwoordig 27% van die arbeidsmag of gemiddeld een uit elke vier werkers.
Op die stakers se Facebook-blad het hulle die syfer uitgedaag. Van die reaksie was dat almal in die streke en 90% van werkers in Windhoek nie teruggekeer het werk toe nie. 'n Ander opmerking was dat dit meestal minder goed gekwalifiseerde personeel is wat tou opgooi en dat "ware joernaliste, met meestersgrade" steeds toi-toi en plakkaat swaai.
– [email protected]
FOTO
Hierdie foto's van stakers in gebedsgroepies is gister op Facebook gedeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie