NBC skuld mediese fonds miljoene dollar
NBC skuld mediese fonds miljoene dollar

NBC skuld mediese fonds miljoene dollar

Die nasionale uitsaaier sal sy verhouding met entiteite moet oorweeg wat nie gewillig is om in uitdagende tye die spit af te byt nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die nasionale uitsaaier (NBC) het by monde van sy direkteur-­generaal, mnr. Stanley Similo, erken dit is met miljoene agterstallig wat sy werknemers se mediesefonds­paaiemente betref.

Die betalings is volgens 'n verklaring sedert Februarie uitstaande en beloop sowat N$15 miljoen. Volgens 'n werknemer wat verkies om anoniem te bly, is dié paaiemente wel maandeliks van personeel verhaal. Similo het gereageer op 'n skrywe op sosiale media wat sê Namibia Medical Care (NMC) het in opdrag van sy raad van trustees werknemers van die NBC se mediesefondsdienste met ingang 1 Julie opgeskort.

Die skrywe lui voorts NMC het 'n “humanitêre hand” na die NBC uitgereik deur die uitsaaier tot einde Junie te gee om die uitstaande N$15 miljoen te vereffen. Volgens die reëls van die fonds moes die uitsaaier reeds in Februarie al die trekpas gekry het, lui die skrywe.

Similo sê egter in die verklaring die NBC het as 'n “verantwoordelike werkgewer” 'n vergadering met NMC gereël waartydens die “huidige uitdagings” uitgestippel is. Deur die NBC se raad van direkteure is die uitsaaier se hoofaandeelhouer via die NBC se lynministerie ook betrek, met die oog daarop om die “onhoudbare situa­sie” af te weer.

Ook het die NBC homself volgens Similo daartoe verbind om weekliks 'n bedrag van N$50 000 te betaal terwyl daar vir 'n “permanente regstelling deur ons aandeelhouer” gewag word.

Volgens Similo is dit gedoen om die NBC se “toewyding en vasberadenheid” te wys, iets wat tydens 'n vergadering op 20 Junie met NMC deur die uitsaaier bevestig is. 'n Versoek is ook aan die mediese fonds gerig om die uitsaaier tot einde Augustus grasie te gee om die nodige “betalingsreëlings tyd te gee om vrugte af te werp”.

Volgens Similo het die NMC op sy beurt die versoek na sy raad van trustees verwys.

“Vandaar ons teleurstelling met die voortydige aankondiging deur middel van sosialemediaplatforms en sonder enige amptelike kennisgewing vooraf aan ons maatskappy dat mediesefondsdienste opgeskort is.”

Similo is veral ontsteld oor die verdagmakery van die NBC wat in dié geval “omhul is met negatiwiteit, gegewe die nasionale uitsaaier se foutiewe aanname dat 'n verhouding van gelykes in die reëling heers”.

“Dit is ook waar dat die NBC sy verhoudinge met entiteite sal moet oorweeg wat net wil aanbly wanneer besigheid goed is, maar wat nie gewillig is om selfs net vir 'n kort tydperk in uitdagende tye die spit af te byt nie.”

Similo verwys voorts na die huidige ekonomiese klimaat en die “onverwagte vermindering” van die regering se subsidie van N$252 miljoen tot N$179 miljoen wat 'n demper op die NBC se maandelikse verpligtinge tot sy krediteure plaas.

“As bestuur erken ons die ongelukkige situasie en bly onwrikbaar in ons pogings om ons aandeelhouer te betrek vir hulp om die betreurenswaardige stand van sake te herstel.”

Beweringe deur sommige NBC-werknemers is dat personeel se medies, pensioen en belasting van hul salarisse verhaal word, maar nie aan die regte partye oorbetaal word nie. Die rede hiervoor is glo dat dit eerder gebruik word om salarisse en lopende uitgawes van die uitsaaier te betaal.

NMC se hoofbeampte, me. Alison Begley, het teen druktyd nie op geskrewe vrae oor die beweerde opskorting van mediesefondsdienste aan die NBC gereageer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067