NBC se staking nou in sy tweede maand
NBC se staking nou in sy tweede maand

NBC se staking nou in sy tweede maand

Stakende werknemers trek swaar en word geknou deur die reël van geen werk, geen betaling.
Augetto Graig
Augetto Graig – Stakende NBC-werknemers het Vrydagaand maar gedans deur die pyn van verpletterde verwagtinge van salarisinbetalings, met musiekuitvoerings deur ver­skeie plaaslike kunstenaars op 'n verhoog wat naby die televisie-uitsaaisentrum se hekke opgestel is.

Vir die stakers was dit 'n moeilike maand vandat die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) die staking op 22 April afgeskop het.

Die naweek se aanslag op die stakers se geldsake kom nadat president Hage Geingob laas week gesê het hy sal nie inmeng om 'n oplossing vir hul arbeidsgeskil te vind nie. Geen openbare antwoord het ook vanaf die eerste minister se kantoor gekom nie, nadat 'n klagskrif laas week aan haar oorhandig is.

Intussen is 'n verhoor voor regter Collins Parker – Napwu aan die een kant, teen die NBC-raad en -bestuur, die regering, die minister van finansies en die aangestelde bemiddelaar – tot komende Woensdag uitgestel.

“Ons moes eers Maandag betaal word, maar die NBC het ons opsetlik Vrydagaand betaal, deur die reël 'geen werk, geen betaling' toe te pas. Sommige kollegas het 0,00 ontvang, ander 105,00 of 200, enkele 6000, ens.

“Julle het geweet dat 'geen werk, geen betaling' toegepas sal word, sal julle ons vertel terwyl julle ons uitlag, beste NBC-topbestuur, maar hoe het dit gebeur terwyl ons Vrydagmiddag terugvoering van Napwu gekry het dat slegs 50% toegepas sal word? Wie flous vir wie, wonder ons hier?” lees 'n inskrywing gisteroggend op die stakers se sosialemedia-rekening.

Die NBC-bestuur het in 'n nuusvrystelling Vrydag gesê die staking het die nasionale uitsaaier reeds N$6 miljoen in kommersiële verliese gekos. Die NBC-raad doen 'n beroep op stakers om terug werk toe te keer en sê talle het reeds die staking laat vaar.

Volgens die NBC-woordvoerder me. Umbi Karuaihe-Upi word tussen 195 en 200 werknemers teen vandag terug by die werk verwag.

Sy bevestig die !aH radiodiens vir San sprekers sal ook vanaf vandag weer op die lug wees. Met National FM en die Setswana en Otjiherero dienste sal vier van NBC se elf radiodienste dan weer herstel wees, en ook al drie die uitsaaikorporasie se televisiedienste, sê sy.

Karuaihe-Upi het uitgebrei dat geen werk, geen betaling sedert die begin van die staking toegepas word, met behulp van 'n lys van deelnemers aan die staking, wat toe reeds aan NBC se menslikehulpbronafdeling gestuur is. Registers van werknemers wat steeds werk, word deur departementshoofde afgeteken.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!