NBC-geskil word bemiddel

Kommer is ‘menslik’

14 September 2018 | Tegnologie
Augetto Graig - ’n Arbeidsbemiddelaar word nou by die voortslepende ontevredenheid by die nasionale uitsaaier (NBC) betrek.

Mnr. Chrisjan Appolus, wat die NBC se werknemers verteenwoordig, het bevestig dié bemiddelaar sou die arbeidsgeskille van vanoggend 11:00 af probeer besleg.

Die kwessie van salarisverhogings wat in ’n doodloopstraat beland het, sal onder die loep kom.

Uitsluitsel sal ook gekry word oor moontlike stappe wat die ongelukkige werkers verder kan doen.

Dié bemiddeling volg ná ’n personeelvergadering vroeër vandeesweek waartydens ’n klagskrif aan die uitsaaier se raadsvoorsitter, mnr. Sven Thieme, voorgelê is.

Die NBC se amptelike woordvoerder, me. Umbi Karuaihe Upi, het bevestig dié vergadering het wel plaasgevind, maar wou nie verdere kommentaar daaroor lewer nie.

Volgens anonieme bronne wat die evrgadering bygewoon het, het Thieme die klagskrif weggewys.

Die bronne sê Thieme ondersteun glo die werkers se pleidooi, maar word deur die uitsaaier se kleiner begroting beperk.

Die regering moet die belang van die NBC se mandaat as openbare uitsaaier besef en daarvoor begroot, sê hulle.

Ondanks ’n toename in inkomste die afgelope twee jaar, is die NBC se huidige beskikbare bronne bloot nie voldoende nie.

Dié omstandighede dra by tot die uitsaaier se onvermoë om die maatskappy se bydrae tot werknemers se pensioenfonds by te bring.

Om koste te bespaar, oorweeg die raad sekere maatreëls, soos die uitskakeling van deeltydse kontrakwerkers, die vermindering van permanente werknemers en die vermindering in die aantal werksure per werknemer.

Daar word bespiegel dat die direkteur-generaal van die NBC, mnr. Stanely Similo, dié stappe teenstaan, en dat hy selfs kontrakwerkers se aanstellings wil verleng om werknemers te ondersteun.

Similo het navrae van Republikein na Karuaihe-Upi verwys.

“Die NBC se finansieringsuitdagings is goed gedokumenteer. Dit is ook welbekend dat die NBC as gevolg hiervan nie in staat is om sekere verantwoordelikhede wat die koste van werknemers en diensverskaffers betref nie. Tog is ons optimisites weens die voortdurende beraadslaging tussen die betrokke ministeries, wat ons lynministerie insluit, die raad en die bestuur in die soeke na oplossings vir die omstandighede.

“Dis menslik dat alle werknemers oor hul lewensbestaan en werksekerheid bekommerd is. Daarom is die bestuur daaraan toegewy om werknemers op hoogte van ontwikkelinge te hou deur middel van vergaderings en ander maniere van kommunikasie. Dis te vroeg vir die bestuur om vrae oor moontlike afleggings en bedryfsaksie te beantwoord, omdat beraadslaging voortduur,” het sy gesê.

Die uitsaaier se werknemers neem al maande lank aan gereelde optogte, onder leiding van die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu), deel.

Die vakbond se leiers was gister uitstedig en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Napwu weier sedert Junie om hul klagskrif aan enigiemand anders as Thieme te oorhandig.

Republikein is nie in besit van die klagskrif nie, maar is vroeër deur me. Toucy Tjijombo, verteenwoordiger van die vakbond, oor die aard van die werknemers se eise ingelig.

Dit sluit in 'n salarisverhoging van 6%, waarop twee jaar gelede glo met die bestuur ooreengekom is.

Werknemers eis dat dié verhoging terugwerkend geld.

Die groep is ook ontevrede oor hul werksvoorwaardes, en eis dat kon­trakwerkers voltyds aangestel word, het Tjijombo gesê.

Die uitsaaier se werksnemers het in Junie reeds gedreig om te staak.

Hulle het gesê televisie- en radiodienste sou stil raak as daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie.

Tjijombo dra kennis van vandag se vergadering met die arbeidsbemiddelaar en is van voorneme om dit by te woon.

“Die uitslag sal vas stel wat ons volgende aksie sal wees,” het sy oor die vergadering gesê.

Soortgelyk

 

Raad sit oor polisiehoof

7 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

7 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

7 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...

Regstelling oor Zenobia Kloppers

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Republikein het gister verkeerdelik berig Zenobia Kloppers, die bekende Namibiese aktrise en sanger wat die hoofrol in die rolprent Fiela se kind losgeslaan het, is...

Minder studente ondersteun

7 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die nuus dat bestaande en voornemende studente minder finansiële steun gaan ontvang, is ’n teleurstelling. So sê me. Ester Simon, president van...

Lodge heropen binnekort vir Visrivier-voetslaners

7 ure gelede | Toerisme

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge het vroeg Februarie kitsvloede ervaar wat tot skade gelei het, maar die lodge sal op 1 Junie weer...

Charles Namiseb eindelik gestraf

7 ure gelede | Howe

Die tweede misdadiger en verkragter wat in 2010 vir die aanval op ‘n bejaarde egpaar van Uis verantwoordelik was, is gevonnis.Die eens voortvlugtige en berugte...

Aansoek vir toerisme-ontwikkeling by Meobbaai

7 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die Namab-toeragentskap het planne om Meobbaai as toeristeaantreklikheid te ontgin.Die agentskap het ‘n aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die bou van ‘n...

Hulp sonder oordeel

7 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ek het ‘n verkeerde pad geloop – een van verwoesting. Eendag het ek besef ek kan nie meer so aangaan nie....