NBC en vakbond stry weer

Napwu eis nou 8% en terugbetaling van die bestuur se prestasiebonusse.
Augetto Graig
Augetto Graig –
Die nasionale uitsaaier (NBC) is weer eens in ’n stryd gewikkel vir verhoogde vergoeding en beter werksomstandighede.
Die staatsonderneming se raad en bestuur word deur die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) uitgedaag.
In ’n optog gister voor die televisie- en radio- uitsaaier se hoofkantoor in Windhoek, het NBC se raadsvoorsitter, mnr. Lazarus Jacobs, Napwu se nuutste klagskrif met ’n lys van eise in ontvangs geneem. Saam met hom was NBC se direkteur- generaal, mnr. Stanley Similo.
Similo het verlede Donderdag ’n verklaring uitgereik, blykbaar in reaksie op die klagskrif wat die bestuur reeds onder oë gehad het.
Napwu se voorsitter vir die NBC se werksplekkomitee, mnr. Johannes Lengi, het by die optog genoem die vakbond weet nie hoe die NBC-bestuur die klagskrif in die hande kon kry nog voor dit amptelik oorhandig is nie.
Mnr. Gideon Thomas, Napwu se bedryfshoof, het die NBC se mediabenadering betreur, omdat dit sonder kennisgewing aan Napwu gedoen is, in direkte oortreding van die bepalings van die arbeidsonderhandelinge, sê hy.
Die klagskrif stel onomwonde dat die NBC-raad en -bestuur geen agting vir werknemers se lot en die onderhandelingsproses toon nie. Die NBC-bestuur en Napwu-verteenwoordigers het reeds in Desember ooreengekom tot ’n salarisverhoging van 5,1% vir alle betrokke werknemers.
“Tot ons verbasing kom die NBCbestuur toe terug en lig ons in die onderhandelinge was tevergeefs, omdat die raad die ooreenkoms verwerp,” lees die klagskrif.
BEOOGDE UITBETALING
Pleks van die verhoging stel die NBC se raad voor die betrokke werknemers kry eenmalig ’n gesamentlike uitbetaling ter waarde van tot N$7,6 miljoen. Volgens Similo kan elke werknemer N$15 000 hieruit ontvang as dit gelykop verdeel word.
Napwu sê dié aanbod – ten gunste van 533 werknemers – word egter gebied op voorwaarde dat NBC die geld hiervoor iewers in die hande kan kry.
“Dié voorstel is ’n belediging van ons intelligensie,” het Lengi gesê.
Met betrekking tot die aanbod, noem die vakbond die onlangse onthulling dat NBC-bestuurslede einde verlede jaar prestasiebonusse tot die totale waarde van 5,4 miljoen ontvang het, en dit vir sowat 16 individue.
Dit, terwyl die NBC geen prestasiebestuurstelsel in plek het nie.
Similo het in Januarie aangedring dat alle prosedures gevolg is toe prestasiebonusse aan bestuurders betaal is en dit nie in die geheim gedoen is nie. In sy nuutste verklaring het Similo die goeie vergoeding uitgewys wat NBC-werknemers reeds verdien.
“NBC-bestuur is ook bewus van die magsvertoon teen moontlike nuwe alternatiewe vakbonde in die arbeidsmark en veral in die openbare sektor en in die uitsaaibedryf,” lees sy vrystelling.
Napwu se klagskrif sê die vakbond is veral omgekrap “deur die NBCbestuur se gemaklikheid met opkomende skootrekenaar- vakbonde wat nog nie eens geregistreer is nie, om nie te praat van erkenning nie, asof die NBC nou die woordvoerder of ondersteuner van sulke vakbonde is.”
Napwu eis nou ’n 8% verhoging terugbetaalbaar vir 24 maande, voordele soos bespreek in die Desember- onderhandelinge, die vaste aanstelling van alle kontrakwerkers, terugbetaling van die prestasiebonusse, die afdanking van die NBC-raad, asook ’n forensiese ondersoek van NBC se boekhoustelsel, met ’n openbare uitkoms. Hulle eis ook dat die private betaalstaatstelsel vir uitvoerende bestuurders by NBC gestaak word.
Jacobs sê die raad sou gisternamiddag die eise bespreek en teen Vrydag terugvoering gee oor die kwessies wat onder die raad se beheer is. Hy sê kwessies waaroor die raad geen beheer het nie, sal na ’n hoër gesag verwys word.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!