NBC-baas pleit vir geld by parlementu00eare komitee
NBC-baas pleit vir geld by parlementu00eare komitee

NBC-baas pleit vir geld by parlementêre komitee

Tanja Bause
Stefan Noechel



Die direkteur-generaal van die nasionale uitsaaier (NBC), mnr. Stanley Similo, het gister voor 'n parlementêre staande komitee verskyn om oor die maatskappy se finansiële uitdagings te praat.

Werknemers van die NBC staak sedert verlede week vir beter vergoedingspakkette en die ­uitsaaier se stem is sedertdien stil op beide sy radiostasies as televisiekanale.

Similo en tien van sy topbestuurders en departementshoofde was teenwoordig om oor die geldelike probleme uit te brei.

Volgens hom genereer die uitsaaier jaarliks ongeveer N$100 miljoen uit kommersiële inkom­stebronne en dit was ook die geval gedurende die afgelope pandemiejaar.

Wat hom egter bekommer, is die verminderde toelaag wat die maatskappy dié jaar van die regering ontvang.

Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi het onlangs ­aangekondig dat die NBC se ­begroting vir die finansiële jaar slegs N$127 miljoen is.



KRITISEER BESLUIT

Similo het die besluit gekritiseer en gesê dat 'n vermindering van 62% in die NBC se begroting die einde van die nasionale uitsaaier gaan beteken. NBC benodig jaarliks meer as N$400 miljoen om sy strategiese toekomsplanne vir digitalisering en uitsaai suksesvol te kan implementeer.

Hy het die uitgawes uiteengesit, met inligtingstegnologie (IT) en die opgradering en uitbreiding van die radio- en TV-ateljees wat elk 30% (byna N$18 miljoen elk) van die jaarlikse begroting uitmaak.

Met die beplande elektroniese en meganiese opgraderings asook die instandhouding van die radionetwerk, word jaarliks bykans N$60 miljoen benodig.

Tans is 397 werknemers vas aangestel terwyl sowat 120 tydelike kontrakwerkers is en 'n onbekende aantal vryskutwerkers in die persoonlike register gelys word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!