NBC: Afleggings sal N$150 miljoen kos
NBC: Afleggings sal N$150 miljoen kos

NBC: Afleggings sal N$150 miljoen kos

Die haglike situasie by die NBC kán volgens die voorsitter omgekeer word.
Ronelle Rademeyer
Hoofredaksie



Die aflegging van sowat 156 werknemers sal die NBC nie minder as N$150 miljoen kos nie.

Me. Umbi Karuaihe-Upi, die nasionale uitsaaier se hoof- kommersiële beampte, het gister bevestig die finansiële nood bring mee dat sowat 156 werksgeleenthede in die gedrang is. Sy sê indien dit op afleggings neerkom, sal ook dít “nie goedkoop wees nie”.

Sy het gesê permanente werksgeleenthede asook vryskutwerknemers se poste is in die weegskaal, of diegene wat kontrakte met die NBC aangegaan het.

“'n Proses moet eers gevolg word, wat onder meer behels dat daar met vakbonde onderhandel sal word,” het Karuaihe-Upi gesê.

“Die getal van 156 werksgeleenthede word genoem om te illustreer wat kán gebeur terwyl ons hierdie tipe finansiële uitdagings ervaar. Dit is net 'n tentatiewe getal indien die status quo gehandhaaf word en die regering nie die geld beskikbaar stel nie,” het Karuaihe-Upi gesê.



'SKEER ALMAL OOR SELFDE KAM'

Sy het die versekering gegee die NBC sal nie nét van vryskut- en kontrakwerknemers ontslae raak nie, maar almal oor dieselfde kam skeer.

Die uitsaaier het eergister gesê hy sou gister met die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) en die arbeidskommissaris in gesprek tree.

Dít om weer oor werknemers se kontrakte te onderhandel met die oog op kostebesparing, gekoppel met voordele wat nou en in die toekoms van toepassing sal wees.

Dié voordele sluit onder meer verlofdae, mediesefondsbydraes, pensioenbydraes, versekering en huislenings in.

Intussen het Napwu se verteenwoordiger by die NBC, mnr. Kephas Hembapu, gister aan Republikein gesê die vakbond sal werksverliese by die nasionale uitsaaier teenstaan. “Ons sal nie toelaat dat enige van ons lede hul werk verloor nie,” sê hy.

Volgens hom is 90% van die NBC se 569 werksnemers lede van Napwu.

“Ons onderhandelingseenheid sluit werkers van graad 4 tot graad 18 in,” sê hy.

Hembapu sê die vakbond is verlede week vir die eerste keer van die NBC se beplande besuinigingsmaatreëls verwittig, en het Maandag eers die besonderhede gehoor.

Hy beskuldig die regering van onwilligheid om sy rol te vervul, spesifiek wat subsidies betref.

“Dit raak alles,” sê Hambapu oor die NBC se geldsake.

Hy het gister met medewerknemers vergader en ook die vakbond se hooftak besoek om leiding by die vakbondleiers te kry.

•Die Internasionale Sokkerfederasie (FIFA) het die NBC gister betaal om die Brave Warriors se wedstryd teen Eritrea uit te saai.

Dit het by die Sam Nujoma-stadion in Katutura plaasgevind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!