Naweek van storms in VSA
Naweek van storms in VSA

Naweek van storms in VSA

Meer as 1 000 soek-en-reddingsmense met 36 helikopters en meer as 200 bote is na Noord-Carolina gestuur.
In die VSA is die orkaan Florence, wat reeds luidens berigte 18 lewens geëis het, Sondag wel afgegradeer na ’n tropiese depressie, maar weervoorspellers waarsku dat die ergste nog kom met reën van tot 101 cm in die suidooste van Noord-Carolina en 38 cm tot 50 cm in die westelike dele, berig The Wall Street Journal volgens Fox News.

Wind van meer as 200 km/h is tot dusver aangeteken, sterker as die winde van 150 km/h van die orkaan Florence. Pres. Donald Trump het Noord-Carolina Saterdag tot rampgebied verklaar en federale hulpbronne beskikbaar gestel. MSN berig honderde mense is steeds vasgekeer en die verwagting is dat verskeie riviere hul walle sal oorstroom.

Goew. Roy Cooper het gister op ’n mediakonferensie gesê die storm is nou op sy gevaarlikste, berig stilmannews.com. Paaie is feitlik onbegaanbaar en net in die New Hanover-distrik was 600 paaie Sondag onder water. Janine Powell, dié distrik se woordvoerder, het aan Port City Daily gesê verwyderde inwoners moet heeltemal van die paaie wegbly. Die stad Wilmington, met 120 000 mense, is afgesny van die res van die deelstaat met paaie na en van die stad onder water, berig MSN. Meer as 1 000 soek-en-reddingsmense met 36 helikopters en meer as 200 bote is na Noord-Carolina gestuur nadat honderde mense in hul huise vasgekeer is. Noodbeheer-agentskappe sê volgens MSN dat sowat 700 000 mense in Noord-Carolina sonder krag is en 60 000 kragonderbrekings is in Suid-Carolina aangemeld. Sowat 17 000 mense het reeds na 190 skuilings gevlug. Meer as 1 miljoen mense oor die hele streek heen is reeds verwyder, berig Asheville Citizen-Times volgens MSN. “Die lewensrisiko styg met woedende waters,” sê Cooper. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!