Naweek bied aksie vir almal
Vlugbal
Die 2018 Bank Windhoek Namibiese Ope strandvlugbaltoernooi en die Bank Windhoek Doc Ope-toernooi word gesamentlik komende Saterdag en Sondag by die Mole en by The Dome op Swakopmund aangebied.
Die skouspel bied die beste van beide vorme van die spel, naamlik strandvlugbal en binnenshuise vlugbal.
Hillary Imbuwa, president van die Namibiese Vlugbalfederasie, sê: “Dit beloof om twee skouspelagtige, aksiebelaaide dae te wees, met die kusstreek die perfekte plek vir liefhebbers van vlugbal.
“Die strand by die Mole is die perfekte plek om 'n strandvlugbaltoernooi te hou en in die afgelope jare het ons ook suksesvol met The Dome saamgewerk as 'n venue vir ses-aan-'n-kant vlugbal. Ons is baie opgewonde om hierdie medewerking voort te sit.”
Die Namibiese Ope maak voorsiening vir jonk en oud, wat in spanne van twee vir die kategorieë for mans, vroue, jeug (o.17), sosiaal of die gemengde vier-aan-'n-kant kan inskryf.
Deelnemers kan hulle regmaak om kragte te meet met sommige van die land se mees gesoute spelers op die strandvlugbalbaan, soos die 2018 Tropizone Aqua Grand Slam se gemengde wenspan, Rosi Hennes en Fabian Pfeifer, asook verlede jaar se King of the Beach kampioen, Daniel Pfeifer.
Die sperdatum vir registrasie is 22 Maart en inskrywingsvorms kan by James Verrinder, direkteur vir strandvlugbal, by [email protected] of sel. 081 455 4571 verkry word.
BINNENSHUIS
Die Doc Ope het 'n jarelange tradisie in Namibiese vlugbal en is gewoonlik die eerste groot hoogtepunt van die binnenshuise seisoen.
Dis 'n ope toernooi en enige span kan dus registreer om deel te neem, ongeag of hulle in 'n liga betrokke is of net sosiaal speel. In die verlede het internasionale spanne in die toernooi meegeding en gewoonlik word goeie getalle deelnemers gelok.
Die wenspanne van verlede jaar wat hul titels kom verdedig, is die mans van Khomas NDF van Windhoek en die vrouespan van SKW.
Kontantpryse vir die wenspanne van elke geslag beloop N$5 000, terwyl die tweede plek N$3 000, die derde plek N$2 000 en die vierde plek N$1 000 werd is.
Die sperdatum is vandag en inskrywings kan aan Liina Matheus, sekretaris-generaal van die Namibiese Vlugbalfederasie by [email protected] of sel. 081 248 8337 gestuur word.
Sanet de Waal, Bank Windhoek se hoof van korporatiewe sosiale belegging, borgskappe en geleenthede, sê: “Bank Windhoek is trots om met die Namibiese Vlugbalfederasie verbind te word. Hul bestuur en organisering van geleenthede, asook die feit dat hulle die sport onder die jeug ontwikkel, het ons beïndruk. Ons moedig besoekers aan om tydens die Onafhanklikheidsnaweek op Swakopmund daar te wees en in die pret te deel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie