Navorser soek steun vir Wit Vrou-teorie

'n Kunstenaar wil die Wit Vrou-gebied besoek om die aanvaarde teorie oor die herkoms daarvan, op sy kop te keer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Brandberg se beroemde rots­teke­ning van die Wit Vrou beeld nie 'n Boes­man-toordokter of -sja­maan (geestelike leier) uit soos argeoloë bevind het nie, maar 'n Iberiese vrouekryger uit die 1100's met Viking voorsate.

Dít is die teorie van die Namibiese kunstenaar en argitek Linus Malherbe wat nou met 'n aanlyn petisie steun soek om dié teorie met terreinnavorsing te probeer staaf.

Malherbe sê sy versoek om die gebied met 'n metaal­verklikker te verken vir artefakte wat sal be­­­wys dit is sowat 900 jaar gelede deur ­Europiërs besoek, is afgekeur. Hy het die aansoek aan dr. Alma Nankela, hoof argeoloog by die ­Nasionale Erfenisraad van Namibië, gerig.

SY TEORIE

Malherbe verduidelik hy maak na aanleiding van teoretiese navorsing die gevolgtrekking dat 'n groep reisigers in 'n ­Viking-skip uit die ­Iberiese skiereiland-­gebied in die Middel­landse see, teen die westelike kus van Afrika afgevaar het.

Daar is immers 'n rotstekening naby Langebaan aan die Weskus van só 'n tipe skip.

Die vrou in die tekening was deel van die gesel­skap. Hulle kleredrag en bykomstighede was tipies van verskillende kulture uit daardie tydperk.

Verder glo hy sy was 'n tweede generasie Viking-nasaat met rooi hare.

Malherbe skoei sy teorie op agt elemente in die ­tekening:

1.Skoene;

2.Pylpunt wat van yster is;

3.Westerse boog;

4.Armtooisel wat nie ve­re is nie, maar 'n tipiese armhulsel uit die tyd van die Middeleeue waarin jagmesse geplaas is;

5.Rooi hare wat met krale­werk versier is;

6.Boogskuttersband met gespe om die arm om dit te beskerm;

7.Gordelpunt, wat ander argeoloë as 'n penis bestempel het; en

8.'n Borsharnas met drie brande wat gebruik is om iets soos 'n swaard op die rug te dra.

ANDER TEORIEË

Die Duitse geoloog Reinhard Maack se gevolgtrekking in 1918 was dat die tekening 'n manlike Mediterreense danser en kryger uitbeeld.

Die bekende Franse priester en argeoloog, Henri “Abbé” Breuil, se bevinding in 1945 was dit beeld 'n vrou uit en die figuur stem ooreen met vroulike atlete op die mure van die antieke paleis van koning Minos by Knossos in Kreta. Die naam “Wit Vrou” is ook aan hom te danke.

Die argeoloë David Lewis-Williams en Thomas Dowson het egter in 1968 bevind die figuur is nóg die van 'n vrou, nóg die van 'n wit Europiër.

DR. NANKELA

Volgens Nankela is Malherbe se versoek om die gebied met 'n metaal­verklikker te verken, afgekeur “omdat hy nie 'n argeoloog is nie”.

Sy sê dit is internasionaal die reël dat argeologiese opgrawings en verkenningswerk net deur gelisensieerde argeoloë uitgevoer mag word.

Nankela verduidelik dit is so goed iemand wat nie 'n dokter is nie, word toegelaat om op 'n pasiënt te opereer.

Volgens haar staan dit Malherbe steeds vry om aan die sekretariaat van die Erfenisraad te skryf en spesiale vertoë te rig.

Intussen het die beken­de fotograaf, skry­wer en bewaringsaktivis, Amy Schoe­man, in 'n brief aan me. Waltraut ­Fritsche, hoof ­uitvoerende be­amp­te van die Wetenskap­like Vereniging van Namibië, benadruk dat die Wit Vrou-terrein oop moet wees vir ­verkennende ontledings en onder­soeke.

Sy het die brief geskryf nadat Nankela tydens Malherbe se ­bespreking van sy teorie tydens 'n praatjie van dié ver­eni­ging, die terrein as “­heilig” beskryf het.

Schoeman sê hoewel die rotstekeninge teen skending en verweer beskerm moet word, belangstelling daarin deur ondersoeke en ontledings aangemoedig moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!