Navachab streef na volhoubaarheid

Produksiekoste net te hoog

16 April 2019 | Sakenuus
Augetto Graig - Daar is geen waarheid in onlangse mediaberigte dat tot 400 werksgeleenthede by die Navachab-goudmyn in gevaar is nie.

So sê die hoofbestuurder van die myn, mnr. George Botshiwe.

Volgens hom het die myn 420 permanente werknemers in totaal, en 'n verdere 120 werknemers wat vir kontrakteurs werk.

“Wat wel waar is, is dat die maatskappy vrywillige skeidings- en vroeë aftreepakkette vir werknemers aangebied het. Die sperdatum vir aansoeke om hierdie pakkette is 23 April 2019.”

Volgens hom is die myn se grootste uitdaging tans die jare lange hoë produksiekoste van die myn, wat aangespreek word om langtermynvolhoubarheid te verseker. Dit is waarom strategiese besluite geneem is wat 'n impak op mynoperasies het, sê hy.

“Die teiken is om produksiekoste met tussen 20% en 25% te verminder. Die aanbod vir vrywillige skeiding of vroeë aftrede is deel van dié proses,” sê Botshiwe.

Volgens hom is Navachab in wese 'n laegraadmyn wat hoogs sensitief is vir bedryfskostes, inflasie en fluktuasies in makroëkonomiese omstandighede soos die goudprys en wisselkoers. “Ongelukkig het die koste van produksie oor die afgelope jare toegeneem, terwyl die gehalte van ons erts terselfdertyd gedaal het,” sê hy.

Botshiwe het gesê die mynbestuur het kort nadat QKR Namibië die myn gekoop het, ingetree om bedryfskoste tot volhoubare vlakke te verminder. “Dit het egter nie genoeg positiewe kontantvloei geskep nie, en gereelde beleggings deur die aandeelhouer was nie genoeg om toenemende produksiekoste heeltemal te dek nie. Dit terwyl produksievolumes effens gegroei het, wat effektief tot 'n hoër per eenheid koste van goudproduksie gelei het,” sê hy.

“Sake kon nie so voortduur nie, want dit was onvolhoubaar. Die bestuur het dus laas jaar op 'n nuwe ingrypingstrategie besluit om die situasie om te keer. Ons probeer nou ten beste navigeer - soos 'n verantwoordelike bydraer tot sosioëkonomiese ontwikkeling in die streek - om die impak op ons werknemers, gemeenskappe en ekonomie van die land te verminder,” het Botshiwe gesê.

Volgens hom is die verteenwoordigende vakbond en personeel ingelig oor die strategie en is dit in Augustus 2018 geïmplementeer.

Dit het in 'n redelike kort tydperk, vanaf Augustus 2018 tot Januarie 2019, betekenisvolle resultate opgelewer, het hy gesê. “Die strategiese ingrypings wat die myn in 2018 van stapel gestuur het, is om te verseker dat Navachab 'n lopende saak bly, en gevolglik 'n veilige en betroubare werkgewer op Karibib en in die streek.”

“Ons is vol vertroue oor die sukses van die strategie,” het Botshiwe gesê.

“Voldoening aan kostebesnoeiingteikens, verbeterde produktiwiteit en doeltreffendheid deur middel van strategiese herbelyningpogings, gekombineer met bykomende beleggings - wat algemeen is in mynboubedrywighede - gee ons vertroue vir 'n verlengde mynlewe, winsgewendheid en volhoubaarheid.”

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...