Nautedam se sluise 12-uur getrek
Die Nautedam in die suide van Namibië se sluise sal om 12:00 vanmiddag deur NamWater oopgetrek word. Die dam is tans 103,7% vol en water vloei dit steeds teen 'n tempo van 77 m³ per sekonde binne.
NamWater het gisteraand reeds 'n kennisgewing uitgestuur om te sê die dam was teen 22:00 99,4% vol. Toe het water die dam teen 'n tempo van 70 m³ per sekonde binnegestroom. Toe het NamWater gesê as die dam gisternag die 103,5%-merk sou oorsteek, sou hulle die sluise ooptrek. FOTO H. P. Baumeler, Wikimedia Commons.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie