Natuurlike hulpbronne bespreek
Natuurlike hulpbronne bespreek

Natuurlike hulpbronne bespreek

Belanghebbendes in landbou- en bewaringskringe het verlede week die agteruitgang van die natuurlike hulpbronne bespreek.
Ronelle Rademeyer
Groot kommer heers oor die agteruitgang van die land se natuurlike hulpbronne.

Namibië beleef 'n onrusbarende verlaging in die vlakke van sy ondergrondse waterreserwes, die agteruitgang van weiveld en 'n afname in die vrye beweging van wild.

Die projekspan wat die ­nasionale weidingsbeleid- en strategie implementeer, het verlede week met belanghebbendes in die kommersiële boerderygebied vergader om te gesels oor aansporingsmaatreëls wat die bewaring van weiding, water en wildlewe sal bevorder.

Die belanghebbendes wat die slypskool bygewoon het, was afgevaardigdes van die landbou-unies, Die Namibiese Vereniging vir Beroepsjagters (Napha), die Vereniging vir Bewaringsgebiede in Namibië (Canam) en die Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust).

Die Grootfonteinse boer mnr. Mecki Schneider asook mnr. Johan Britz van Cheetah Conservation Fund het die gesprek ingelui.

Schneider het gefokus op die feit dat die meeste plattelandse dorpe in Namibië afhanklik is van ondergrondse water. Die bewaringsinsette van boere het 'n direkte invloed op die beskikbaarheid van ondergrondse water vir hierdie dorpe.

Bewaring van water en wildlewe begin egter by die verbetering van die weidingstoestand van die land, sê hy. Navorsing het bewys dat baie meer reënwater ondergronds gestoor word op plase waar ­bosuitdunning gedoen is, teenoor plase met geen bosuitdunning nie en swak weidingstoestand. Britz het gefokus op interessante moontlikhede in die internasionale mark vir beesvleis waar 'n premie betaal word vir vleis wat geproduseer word op plase wat bewaring van hulpbronne bevorder. Die mark vir vleis wat geproduseer word op 'n ekovriendelike manier is groot en groei steeds. Die uitdaging is hoe Namibiese produsente hierdie voordele kan benut en hoe internasionale verbruikers die versekering kan kry dat die vleis wat hulle teen 'n premie koop, wel op die regte manier geproduseer is.

Die projekspan wil ook die insette van kommersiële boere dwarsoor die land hieroor insamel en sal binnekort 'n kort vraelys uitstuur, met die ondersteuning van die verskillende ­organisasies betrokke.

Hierdie meningsopname sal ook gebruik word in die bespreking van die nuwe wetsontwerp op beskermde gebiede en ­wildlewebestuur van die ministerie van die omgewing en toerisme. Deelnemers aan die slypskool het saamgestem dat die kommersiële bewaringsgebiede wat deur die grondeienaars self bestuur word, 'n baie belangrike rol in die toekoms kan speel om hierdie aansporings vir bewaring te fasiliteer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!