Natuurbewaring-wetsontwerp goedgekeur
Natuurbewaring-wetsontwerp goedgekeur

Natuurbewaring-wetsontwerp goedgekeur

Francoise Steynberg
Die natuurbewaring-wetsontwerp is sonder enige wysigings vandag in die Nasionale Raad goedgekeur.

Die wetsontwerp verseker die toepassing van 'n maksimum boete van N$10 miljoen vir die onwettige jag van spesiaal-beskermde spesies.

Dit voorsien 'n deeglike administratiewe, wetlike en prosedurele raamwerk vir toerismekonsessies in beskermde gebiede en ander staatsgrond, die beheer van die invoer en uitvoer van lewendige wild en die verhoging van strawwe vir wildmisdaad.

Tans is die huidige boete vir die onwettige jag van wild net N$20 000 en/of tronkstraf van vyf tot tien jaar.

Die wetsontwerp vervang die huidige Natuurbewaringsordinnansie Nr 4 van 1975 wat nie die minister van die omgewing en toerisme toelaat om toerismekonsessies in beskermde gebiede of staatsgrond toe te ken nie. Die ou ordinnansie maak ook nie voorsiening vir die minister om die invoer of uitvoer van lewendige wild te reguleer nie.

Die wetsontwerp sal na die Nasionale Vergadering terug verwys word voordat dit na pres. Hage Geingob vir ondertekening gestuur word. Daarna sal dit as 'n wet in die Staatskoerant gepubliseer word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!