Natuur bied toets in Visrivier-canyon

Gedugte superatlete en gewone avontuursoekers versamel die naweek vir ’n byeenkoms soos geen ander.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Verskeie kategoriewenners van 2017 en vorige jare is die naweek weer in aksie wanneer die Windhoek Light Visrivier ultra-marathon môreoggend by Ai-Ais in die verre suide van Namibië wegspring.

Beide die ongenaakbare afstande van 100 kilometer en 65 km wat onafgebroke en binne 24 uur afgehandel moet word, is nie sommer vir enigiemand bedoel nie.

“Die volle afstand van 100 km moet net aangepak word deur gesoute ultra-afstandatlete met ondervinding om uitsonderlik moeilike terrein oor te steek.

“Hou rekening met die moontlikheid dat ’n gedeelte van die roete dalk ná sonsak voltooi sal moet word. Die datum mag dalk met die volmaan saamval, maar nietemin kan die Visrivier-spoelvallei ’n bedrieglike terrein wees en atlete sal goeie oordeel aan die dag moet lê,” word in die beskrywing op die geleentheid se webblad gesê.

“Werklike afstande kan wissel vanweë omgewingsfaktore, insluitend die feit dat die roete grootliks die loop van die Visrivier volg. Op plekke waar kortpaaie moontlik is, sal dit op die roetekaart aangedui wees, maar navigasie bly elke individuele deelnemer se eie verantwoordelikheid.

Die roepstem van dié unieke veldavontuur bly egter só onuitwisbaar dat inskrywings reeds in Januarie vanjaar gesluit het – net twee weke nadat dit in Desember geopen is.

Vir die 10 km afstand het 19 mans en vyf vroue hul deelname bevestig, terwyl 33 mans en 18 vroue geregistreer het om die 65 km roete te takel.

Beide die Suid-Afrikaners wat laasjaar se 100 km mans- en vrouekampioen was, maak hul terugkeer.

AJ Calitz het laasjaar die 100 km eindstreep in agt ure 55 minute gehaal, ietwat stadiger as toe hy drie jaar tevore in ’n hoogs indrukwekkende 8 ure 04 minute gewen het.

Sandra le Roux het ook weer ingeskryf vir die 100 km roete wat sy laas jaar in 14 ure 17 minute afgelê het. Die vorige jaar het sy die waters getoets deur die 65 km in agt ure 27 minute te voltooi.

Namibië se eie Athanasius Murongo sal ook by die beginstreep wees as verdedigende manskampioen in die 65 km afstand. Hy het inderdaad laasjaar (8 ure 06 minute) én in 2016 nog vinniger (6 ure 13 minute) die titel beklink.

Windhoek Light borg die Virivier ultra-marathon reeds vir sewe jaar en die NBL-span het sedertdien eienaarskap vir die suksesvolle aanbieding geneem.

“Die prestasie van deelnemers moet gemeet word teen die feit dat stappers normaalweg hierdie afstand in tussen drie en vyf dae aflê. Op die laaste aand in die atletekamp deel voltooiers om die vuur hul onvergeetlike stories van die vorige 24 uur,” het die organiseerders in ’n verklaring gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!