NaTIS-skulde word ontkoppel

23 July 2020 | Vervoer
Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer het in ’n nuusverklaring gesê NaTIS sal skuld wat aan die hernuwing van motorlisensies gekoppel is, deaktiveer vir kliënte met meer as een voertuig op hul naam.

Mutorwa het dié aankondiging reeds in die parlement gedoen en die maatreël het reeds vanaf 1 Julie tot 30 Julie in werking getree.

Dit beteken kliënte wat meer as een voertuig het wat op hul name geregistreer is, kan betaling bewerkstellig vir die hernuwing van hul voertuiglisensie sonder om deur enige skuld van ander voertuie op hul naam geaffekteer te word.

Dié vrystelling sal wel nie van krag wees as daar uitstaande skuld of boetes aan dié spesifieke voertuig gekoppel is nie.

Die padvervoerraad herinner die publiek opnuut om nie met vervalle lisensieskywe rond te ry nie en maan eienaars om hul lisensies betyds te hernu.

Soortgelyk

 

Air Namibia hervat op 28 Oktober vlugte na SA

23 minute gelede | Vervoer

Die nasionale redery het vanmiddag aangekondig hy hervat op 28 Oktober vlugte vanaf Windhoek na Johannesburg en Kaapstad.Die redery sal nie soos in die verlede...

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

2 ure gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

3 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

17 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

17 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

17 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

17 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...