Nasienwerk goed op dreef
Onderwysers van oral in die land is druk besig om graad 10- en 12-eksamenskrifte na te sien.
Maria Eiseb
Sowat 3 000 onderwysers van al 14 streke in die land is in die hoofstad betrokke by die nasien van graad 10- en 12-eksamenskrifte.
Gister tydens die amptelike opening van die nasiensessie het die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, aan die nasieners gesê hulle moet leerlinge op gelyke vlak behandel en geen uitsonderings maak nie. “Onthou, elke eksamenskrif wat julle nasien, verteenwoordig 'n leerling en die uitkoms daarvan sal 'n effek op sy of haar toekoms hê,” het sy gesê. “Ek versoek julle om oplettend en akkuraat te wees in die uitvoering van die taak.”
verantwoordelikheid
Die minister het voorts gesê doeltreffendheid, geloofwaardigheid en verantwoordelikheid speel 'n sentrale rol tydens die nasienproses, en is die sleutel tot betroubare uitkomste.
Hanse-Himarwa het tydens dieselfde geleentheid aan onderwysers wat nog op hul betaling wag, gesê sy sal self by die minister van finansies navraag oor die kwessie doen. “As die persoon wat vir 'n sekere taak verantwoordelik is nie op kantoor is nie, moet daar tog iemand wees wat die werk oorneem sodat die werk nie stilstaan nie,” het sy gesê.
Die direkteur van nasionale eksamens en assessering, me. Clementine Tsumis-Garises, het gesê 40 680 leerlinge het vanjaar vir die voltydse Junior Sekondêre Sertifikaat (JSC) vir graad 10 geregistreer, terwyl 12 730 tydelike studente geregistreer het. Die totale getal leerlinge wat vir die JSC-eksamen geregistreer het, was 53 410 asook 40 siggestremde leerlinge.
Vir graad 12 op gewone vlak het 22 101 voltydse leerlinge geregistreer.
Die deeltydse studente was 34 215 en altesaam was daar 56 316 inskrywings vir die 2017-eksamen, het Tsumis-Garises gesê.
Groepe
Volgens haar was die inskrywings vir die voltydse leerlinge op hoëvlak 15 643 en die deeltydse leerlinge 659. Dus het 16 302 vir die eksamen geregistreer.
Sy het gesê elke onderwyser sien die vakke na wat hy of sy op skool aanbied, en hulle het in September met die nasienwerk begin.
“Die eerste groep nasieners het reeds hul werk afgehandel, en die tweede groep is tans besig,” het sy gesê.
Volgens Tsumis-Garises moet die nasienwerk teen einde November voltooi wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie