!Naruseb: Politieke wil vir padveiligheid is daar

NRSC kla oor onvoldoende finansiering

12 January 2018 | Ministeries
Ondanks klagtes van die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC) oor ’n tekort aan geld en personeel, hou die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, vol dat die politieke wil daar is om padveiligheid in Namibië te verseker.

Volgens mnr. Ambrosius Tierspoor, die NRSC se hoof van korporatiewe kommunikasie, benodig die raad ongeveer N$200 miljoen om sy mandaat uit te voer.

Die raad het in die 2017-’18 finansiële jaar slegs N$9 miljoen ontvang.

Dié geld moet aangewend word vir die aanstelling van personeel, die finansiering van veldtogte om padveiligheid te bevorder en vir die opening van NRSC-kantore landswyd, het Tierspoor gesê.

Op navraag van Nampa het !Naruseb gesê die begrotingstoekenning aan die NRSC beteken nie die regering het ’n gebrek aan politieke wil om uitdagings in die paaiesektor die hoof te bied nie.

“Vanwaar ek staan, kan die politieke wil nie groter wees nie. Ek twyfel geensins dat ons hierdie uitdaging die hoof kan bied nie,” het !Naruseb gesê.

Om sy standpunt te beklemtoon het hy bygevoeg: “As ’n mens die geld in ag neem wat ons bestee aan diegene wat in padongelukke sterf en om diegene wat beseer is, te rehabiliteer, is dit heelwat.”

!Naruseb het dié opmerkings by die sluiting van die Karibib-padblokkade gemaak.

Die padblokkade was deel van strategieë wat deur rolspelers in padveiligheid aangewend is om padongelukke en -sterftes in die feestyd te voorkom.

Statistieke wat by die geleentheid bekend gemaak is, toon dat padsterftes in die Erongostreek van vier in 2016-’17 tot 10 in 2017-’18 gestyg het.

Die meeste ongelukke was vanweë voertuie wat omgeslaan en gerol het, asook trompop botsings.

!Naruseb sê in die algemeen het toestande op die land se paaie verbeter, met ongelukke wat afgeneem het met 28%, beserings met 23% en sterftes met 15%.

Sedanvoertuie was in 40% van ongelukke betrokke en 71% van dié voertuie was in private besit. - Nampa

Soortgelyk

 

Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad

1 uur gelede | Ongelukke

Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai...

Eksamenuitslae dán bekend

2 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak....

Drie meisies verdrink in sandputte

3 ure gelede | Ongelukke

Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand...

1,6 miljoen toeriste besoek Namibië in 2017

3 ure gelede | Toerisme

Altesaam 2,2% meer toeriste het Namibië in 2017 as in die vorige jaar besoek met meer as 1,6 miljoen buitelandse toeriste wat die land ingestroom...

Studente betaal meer by Unam

4 ure gelede | Onderwys

Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land, het die universiteitsraad genoop om klasgelde...

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

14 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is...

Polisie op sy knieë

14 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.Ndeitunga het...

Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug

14 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.Só sê die...

Weer vir 13 Desember 2018

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde buie plek-plek in die noordelike en sentrale dele. Elders sal dit sonnig en baie tot...