Napwu stoei steeds met NBC

NBC-werknemers het in Mei vanjaar hul stakings beëindig as deel van ’n ooreenkoms tussen die uitsaaier en Napwu, maar die unie beweer nou die NBC het nie die bepalings nagekom nie.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) het ’n regsgeding teen die nasionale uitsaaier, die NBC, aanhangig gemaak vir ’n beweerde verbreking van die ooreenkoms wat tot die laaste staking deur NBC-werknemers gelei het.

Regter Herman Oosthuizen het die saak gister in die hoërhof in Windhoek vir arbitrasie verwys en dit tot 30 November uitgestel.

Volgens die hofbevel moet skikking teen 3 Desember afgehandel wees en indien ooreengestem word, sal die skikkingsooreenkoms op daardie dag beskikbaar wees.

VERBREKING VAN OOREENKOMS

Die wekelange staking deur NBC-werknemers is op 25 Mei vanjaar beëindig nadat ’n ooreenkoms tussen Napwu en NBC onderteken is.

Die ooreenkoms het bepaal alle werknemers wat met eenjaarkontrakte aangestel is, onmiddellik permanent aangestel moet word ongeag hoe lank hul reeds by NBC in diens was.

Verder is vereis dat die NBC-bestuur bykomende voordele moet bedink, dit aan die raad moet stuur vir hul insette en dan aan Napwu vir bespreking moet oorhandig.

In ruil sou Napwu die staking stopsit en alle regsgedinge teen NBC terugtrek.

Volgens Napwu se eis het NBC nie by die bepalings gehou nie deurdat hulle betrokke werknemers eers in Augustus permanent aangestel het – nie onmiddellik nie – en dat die bykomende voordele nooit vir bespreking voorgelê is nie.

NBC SE REAKSIE

Volgens hofstukke beweer die NBC die hoërhof het nie die jurisdiksie om die saak te hanteer nie, omdat dit ’n kollektiewe ooreenkoms is en die arbeidswet stipuleer dat sulke kwessies by die kantoor van die arbeidskommissaris aangemeld en hanteer moet word.

Verder beweer die NBC dat hy die werknemers permanent aangestel het en dat die ooreenkoms vereis het dat ’n gesamentlike komitee gestig moet word om die werknemers se besware en die bykomende voordele te bespreek.

“Die verweerders het reeds die voordele gekommunikeer en wag op die komitee om dit te bespreek. Die komitee is reeds gestig, maar moet nog die kwessie bespreek,” lui die hofstukke.

NAPWU SE EISE

“Die applikante versoek die hof om te beveel dat alle werknemers wat tans met eenjaarkontrakte in diens geneem is, binne drie dae ná die hofbevel permanent aangestel moet word.

“Die verweerders moet die bykomende voordele binne drie dae ná die hofbevel aan die applikante oorhandig sodat dit bespreek kan word.”

Napwu eis verder hul regkostes.

Volgens die hofbevel wat Oosthuizen gister gelewer het, is me. Bernadine Mynhardt as bemiddelaar in die saak aangewys.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%