Napwu slaags met SSC

CEO se kontrak verleng

25 March 2021 | Regering
Jemima Beukes en Mathias Haufiku

Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) wil hê die meerderheid van die Maatskaplike Voorsorgfonds (SSC) moet geskors word omdat hulle die fonds se sake wanbestuur.

Aantygings van onreëlmatige tendertoekennings, die twyfelagtige wysiging van die maatskappy se vergoedingsbeleid om enkeles te bevoordeel en vermeende korporatiewe bestuurstekortkominge is ook tans onder die loep.

Die aantygings word vervat in ’n voorlegging wat Napwu op 26 Februarie vanjaar aan die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Utoni Nujoma, oorhandig het.

Napwu is glo bekommerd die situasie kan in die toekoms tot afleggings van werkers lei as dit nie reggestel word nie.

“Hiermee versoek Napwu die skorsing van die personeellede wat by verskeie twyfelagtige praktyke betrokke was, om ruimte te skep sodat die gebeure by die SSC ongehinderd ondersoek kan word,” het mnr. Peter Nevonga, die vakbond se sekretaris-generaal, gesê.

Napwu vra vir die skorsing van die SSC se uitvoerende hoof, me. Milka Mungunda, die algemene bestuurder van korporatiewe bestuur, me. Evelyn Zimba-Naris, algemene bestuurder van menslike hulpbronne, regsadviseur en bestuurder vir organisatoriese doeltreffendheid, me. Yulanda Marais, en senior bestuurder vir eiendomme, mnr. Gottfried Naobeb.

Die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Bro-Matthew Shinguadja, het bevestig hulle het die brief ontvang.

“Ons beraadslaag tans met die raad om die feite agtermekaar te kry. Daarna sal die minister op Napwu se versoeke reageer,” het Shinguadja gister gesê.

VERKWISTE HUURGELD

Napwu het kommer uitgespreek dat die entiteit nie goed bestuur word nie en die bestuur verskeie twyfelagtige ooreenkomste aangegaan het, soos om sedert Oktober 2019 N$2,3 miljoen aan huurgeld te bestee vir 'n gebou wat tot nou toe nog leeg staan.

SSC-werkers wat in die TransNamib Holdings-kantoor in die stad gewerk het, was veronderstel om die kantore te beset in die gebou wat Nampa, die staatsnuusagentskap, besit.

Die werkers kon nie intrek nie, omdat die gebou nie voldoen aan die gesondheids- en veiligheidsvoorskrifte van die Windhoekse munisipaliteit nie.

Hulle was veronderstel om begin Februarie in te trek.

Verlede maand moes die SSC beide die TransNamib- en Nampa-rekeninge betaal, wat onderskeidelik N$126 000 en N$194 000 beloop.

Die TransNamib-huur moet nog betaal word, omdat die kontrak voortydig beëindig is aangesien die SSC nie drie maande kennisgewing aan die verhuurder gegee het nie.

Nóg ’n kopseer is die Windhoek-Wes-eiendomme wat in 2016 onder twyfelagtige omstandighede aangekoop is. SSC het N$14 miljoen te veel betaal toe erwe 8451 en 1372 by 'n middelman gekoop is.

Die twee aangrensende eiendomme is gekoop om die nuwe SSC-hoofkantoor te huisves. Dié projek het nooit begin nie en een van die eiendomme staan leeg, terwyl die ander bewoon word deur huurders wat na bewering sedert 2016 nie huur betaal het nie.

AFTREE-OUDERDOM

Die fonds word tans daarvan beskuldig dat hulle die vergoedingsbeleid verander het om die dienskontrak van die uitvoerende hoof met nog vyf jaar te verleng, ondanks die feit dat sy reeds verlede jaar moes aftree.

Mungunda, wat op 3 Februarie 61 jaar oud geword het, sal nou tot 2026 aanbly.

Die raadsvoorsitter, dr. David Uirab, het Dinsdag dié aankondiging gemaak.

Volgens die fonds se menslike hulpbronbeleid word werknemers verplig om aan die einde van die maand wat hulle 60 word, af te tree. Dit beteken dat Mungunda in Februarie 2020 moes aftree.

Die beleid is egter in Junie 2020 gewysig om uitvoerende werknemers in staat te stel om ná 60 by die SSC te werk teen 'n totale koste vir die maatskappystruktuur, mits hulle hul eie voordele dek.

“Die aantal jare vir die verlenging van die diens van EXCO-lede is 'n onregverdige arbeidspraktyk teenoor alle ander personeellede wat ook tot 65 wil werk. Die ouderdomme van die groep ter sprake het 'n finansiële implikasie op die SSC as hulle toegelaat word om aan te bly,” het Nevonga gesê.

Nevonga het gesê so 'n reëling verg ministeriële goedkeuring.

Napwu is ook nie beïndruk met die manier waarop die bestuur verskeie aankope hanteer het nie.

Die SSC-raadsvoorsitter het nie op navrae gereageer nie en het gesê hy is “te besig met dringende sake”. - [email protected], [email protected]

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

11 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

11 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

11 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

11 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

11 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

11 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

11 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

11 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...