Nande bly baas in die Noorde Ope

Gholf
Andrew Poolman
Soos in die verlede was die Bank Windhoek Noorde Ope gholftoernooi laas naweek weer een van die gewildstes, met ’n vol veld van 76 spelers.

Die feit dat ’n paar spelers weggewys moes word, spreek boekdele vir die goeie toestand van die baan. Die spelers het die eerste dag aanvanklik gesukkel weens ’n paar uitdagende penplasings, maar die tweede dag het hulle aan die toestande gewoond geraak en met beter tellings die klubhuis bereik.

Die oortuigende bruto wenner was Likius Nande (Rössmund) wat met ’n telling van 148 sy titel suksesvol verdedig het. In die tweede plek was Gert Olivier van Walvisbaai met 154. Die netto wenner was N. Ndjenja wat op uittel voor die tuisklub se Gary Spinas geplaas is nadat beide op 142 geëindig het.

OKAHANDJA, WINTER CLASSIC

Die Okahandja gholfklub is slaggereed om môre sy jaarlikse Winter Classic gholfdag aan te bied.

Die formaat van spel is “scramble drive” met elke span se twee beste tellings per putjie wat neergeskryf word.

Spelers moet voorsiening maak vir ’n gholfmatjie en kort pennetjies aangesien die baan se oppervlak redelik hard is.

Vanaf 08:15 sal Koffie en brötchens te koop beskikbaar wees en vanaf 11:30 sal Sloppie Joe’s te koop wees.

Die prysuitdeling begin omstreeks 19:00 en daarna sal aangesit word vir ete.

Tydens die prysuitdeling sal ’n vendusie plaasvind waar onder meer ‘n sweismasjien, ’n sleepwa, wyn en ander items opgeveil sal word.

Die aand se verrigtinge word afgesluit met musiek deur Jo Nichol aangebied deur die Okahandja gholfklub.

Vir enige navrae, kontak vir Gerrit Viljoen 081 233 9789.

Die afslaantye vanaf die eerste bof:

09:00 Team Ins Brokers (Danie van der Merwe, AB Louw, Hienie Prinsloo, Burger van Taak)

09:15 Team Sakarias (Boesman Pienaar, Sammy Joubert, Kobus Zietsman, Chris Prinsloo)

09:30 Dream Team (Gerhard de Bruyn, Audrey Botha, Andre van Dyk, Dewald du Randt)

09:45 Team Paul (Paul van Niekerk, Werner Scholijj, Len Haasbroek, Gerrit Viljoen)

10:00 Team Ou Kroks (George Dirsuwei, Fanie Schoombee, Tommie Lambert snr, Tommie Lambert jr.)

10:15 Team Lombaardt (Lombaardt Koch, Freddie Koch, Danny De Mann, Bertus Myburgh)

10:30 Die Gevaar Span (Johan de Beer, Sakkie van Zyl, Henning van Wyk, Jaco Smit)

10:45 Scrappers 1 (Jurgens Lambrechts, Merchant Genis, Mynhardt Bekket, Johann Kruger)

11:00 Scrappers 2 (Bert Wessels, James Botha, Gary Wilson, Louis Jordaan)

11:15 Namibia Wine Merchants (Johan van der Westhuizen, Herman Botha, Johan Husselman, Rinus van der Westhuizen).

11:30 Team Stefan (Stefan Swanepoel, Wicus Viljoen plus nog twee)

11:45 Team Andries (Andries Domberg, Michael Tom, Siegfried Schulte, Zander du Toit)

12:00 Team Faber

BUITEKLUB

Die Windhoek Buiteklub se lede speel môre uit om elke afdeling se wenner te bepaal wat in die Sanlam Kankeruitdaging na die nasionale eindtoernooi sal vorder.

Die formaat is individuele stableford.

08:00 F Viljoen, CJ Hartman, M van Vuuren.

08:10 E Reed, A Louw, L Koch, V Katuuo.

09:40 H van Niekerk, M van Schoor, S van Niekerk, C Robinson.

10:00 G Martin, T Gurirub, A Lohmann, R van Rooyen.

10:20 T Saunderson, I Suze, H Villet, D van der Merwe.

10:40 W Emvula, R Rallon, B Damon, S Engelbrecht.

11:00 W Triegaardt, C Beuke, T Myburgh, R von Prittwitz.

11:20 C Abraham, K Gardiner, F Oosthuizen, C van Lill.

11:40 J van Wyk, H Hinda, F Graupe, C Jafta.

12:00 M Raidza, G Jung, G Shikodi, G Vink.

RöSSMUND

Die baan bly in goeie kondisie ondanks die vreemde weerpatrone wat ondervind word – om nie te praat van die terugkeer van die plaaslike springbokke se jaarlikse teelseisoen wat die setperke beïnvloed nie.

Laas Saterdag het ’n kleinerige groepie spelers die Destination Swakopmund beterbalkompetisie ondersteun, omdat heelwat klublede na die Noorde Ope op Tsumeb gereis het.

Die wenspan met ’n goeie telling van 46 punte was Warren Theron en Bertie Saunderson. Tweede met 42 punte was Des Benson en Dean Kock, wat op uittel teen Achmet Abrahams en Eddie van Wyk gewen het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!