Nanaso skenk aan Moria Grace-skuiling
Nanaso skenk aan Moria Grace-skuiling

Nanaso skenk aan Moria Grace-skuiling

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die Namibiese netwerk vir organisasies wat dienste lewer aan MIV/vigs-lyers, Nanaso, het saam met die Namibia-Chinese Loving Hearts-stigting 'n skenking van sowat N$5 000 aan die Moria Grace-skuiling in Katutura oorhandig.

Volgens die waarnemende hoof van Nanaso, mnr. Kenneth Kamwi, het die Chinese maatskappy aan dié netwerk sowat N$50 000 geskenk, en dié bedrag is onder die orgsanisies verdeel. “Ons het die geld gedeel sodat elkeen iets kan kry,” het hy gesê. Volgens Kamwi gee nie almal gehoor aan die regering se oproep vir skenkings­ aan die weerlose mense nie.

Hy het bygevoeg as dit nie vir die Moria Grace-skuiling was nie, sou die inwoners op straat gesit het.

Tydens die oorhandiging het die sekretaris-­generaal van die Namibia-Chinese Loving Hearts-stigting, mnr. Lili Xia, gesê die Chinese is mense wat vir ander omgee en daarom ondersteun hulle weerlose mense. Die Chinese ken ook armoede, net soos die Namibiërs, het hy gesê.

“Ons verstaan wat dit is om arm te wees,” het hy bygevoeg.

Hy het aan die kinders gesê hulle moet hard studeer om eendag hulself uit armoede te lig.

“Die toekoms is in julle hande,” het hy gesê.

Me. Wilhemina Afrikaner, hoof van die Moria Grace-skuiling, het tydens die oorhandiging haar dank aan die organisasies uitgespreek en gesê dit is moeilik om 'n kind sonder die Here groot te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!