Namvet wil hof toe

‘Geen politieke wil’

23 April 2019 | Plaaslik
Catherine Sasman - Die Namibië Oorlogsveteranetrust (Namvet) wil binne die volgende maand hof toe sodat voormalige SWAGM/Koevoet-soldate as militêre veterane erken word.

Tot dusver het hul versoek op dowe ore geval.

“Met behulp van ons vriende – van wie baie voormalige SWAGM/Koevoet is – het ons 'n regsverteenwoordiger beskikbaar en geld om die saak by die hof te registreer,” het Namvet se woordvoerder, mnr. Jabulani Ndeunyema, Maandag gesê.

'n Klein groepie oudsoldate het 'n klagskrif oorhandig aan me. Lydia Kandetu, sekretaris van die Nasionale Vergadering, waarin hulle weer eens aandring op voordele en maatskaplike dienste wat alle militêre veterane wêreldwyd toeval.

Dit is in reaksie op 'n verslag van die parlement se portefeuljekomitee oor grondwetlike en regsaangeleenthede onder die voorsitterskap van mnr. Sebastiaan Karupu. Daarvolgens is in Oktober verlede jaar beslis voormalige SWAGM/Koevoet-soldate kan nie onder die wet op Namibiese oorlogsveterane van 2008 as oorlogsveterane erken word nie. Die wet erken wel voormalige Plan-soldate as sodanig.

Namvet het ook geëis dat die parlement 'n wet goedkeur waarvolgens alle lede van enige militêre eenhede wat van 1966 tot 1989 aan beide kante van die oorlog geveg het, oorlogsveteranestatus kry.

Die Karupu-verslag dui daarop voormalige SWAGM/Koevoet-lede moet humanitêre hulp van toepaslike ministeries kry, net soos enige ander Namibiese burger. Dit sluit in mediese sorg by staatshospitale, staatspensioen vir bejaardes en ander maatskaplike toelae, sook registrasie by die voedselbank, indien nodig.

Ndeunyema het gesê die oudsoldate wil volgende week “vars voorstelle” aan Karupu se komitee voorlê.

“Uit die verslag is dit duidelik hulle verstaan nie ons eise nie. As 'n Namibiër het ek al na staatshospitale gegaan, wat Suid-Afrika gebou het. Dit is vreemd van hulle om te sê ons moet vir maatskaplike toelae registreer wat deur die voormalige koloniale administrasie ingestel is," het Ndeunyema gesê.

“Dit is nie vir Swapo om vir my te vertel wat ek reeds weet nie.”

Hy sê dit lyk asof dit Swapo se doel is om die voormalige buitelandse regeerder met 'n plaaslike een te vervang.

“Dit het niks te doen met die respek vir menseregte nie. Vir jare vergader ons met hulle, oorhandig klagskrifte en versoek dat hulle die SWAGM/Koevoet-kwessie depolitiseer, maar hulle nie verstaan nie,” het Ndeunyema gesê.

Hy het gesê die oudsoldate hoop daar is politieke wil van die regering aangesien hoop op verdere vergaderings met president Hage Geingob in 2016 in die wiele gery is nadat hy met oudpresident Hifikepunye Pohamba die kwessie bespreek het.

Ndeunyema het gesê as die speaker, prof. Peter Katjavivi, nie positief op hul eise gereageer nie, sal hulle voormalige SWAGM/Koevoet-soldate en hul kinders vra om vir massabetogings Windhoek toe te kom.

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

19 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

1 dag gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

1 dag gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...