Namvet gee opposisie ultimatum
Namvet gee opposisie ultimatum

Namvet gee opposisie ultimatum

Die oudsoldate dreig om hul stemme te weerhou indien die partye nie saamspeel nie.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Twee van die nege opposisiepartye in die parlement - die Popular Democratic Movement (PDM) en die All People's Party (APP) - het 'n versoekskrif van die Namibië Oorlogs­veteranetrust (Namvet) ontvang waarin van hulle versoek word om die voormalige soldate se versoek te steun om deur die Namibiese regering erken te word.

Indien nie, het die voomalige soldate gewaarsku, sal hulle en hul familielede dié partye by volgende jaar se verkiesing die rug toekeer.

“Opposisiepartye het toegelaat dat ons verneder word, dat daar teen ons gediskrimineer word en dat ons in ekonomiese apartheid leef wat deur die regerende Swapo-­party op ons afgedwing is,” lui Namvet se versoekskrif, wat Woensdag aan dié twee partye oorhandig is.

“Ons vereis van die opposisiepartye om voor 1 Desember voorspraak vir hierdie veranderinge te maak. Indien hulle nie daarin slaag nie, sal ons van hulle afstand doen en hulle nie meer ondersteun nie.”

Namvet se aanvanklike plan was om 'n optog van die Rooivlag-kommando­saal in Katutura na die Nasionale Vergadering (NV) te hou, maar die oudsoldate het in plaas hiervan na Wernhil Park-winkelsentrum in die middestad beweeg, waar hulle die versoekskrif aan die twee politieke partye oorhandig het.

VETERANEWET

Namvet meen die veteranewet maak net voorsiening vir en bevoordeel net oudlede van Plan, terwyl die voormalige soldate van SWATF en Koevoet, wat grootliks onder dwang in die voor-onafhanklikheidsoorlog moes veg, nie hierby ingesluit word nie.

Die Namvet-soldate sê hul uitsluiting is doelbewus gedoen en ignoreer grondwetlike bepalings wat ­diskriminerende wette verbied en beklem­toon landswette is op almal van toepassing.

Hulle sê hul opname in die nuwe Namibiese weermag (NDF) is ook doelbewus gedoen en dat die NDF hoofsaaklik uit voormalige Plan-lede bestaan wat slegs Swapo steun.

“Die integrasie van voormalige Plan- en SWATF/Koevoet-lede kon 'n belangrike rol in die bevordering van stabiliteit in die land gespeel het,” lui die versoekskrif.

Namvet het in sy versoekskrif voorgestel dat die bepalings van die veteranewet vir alle ­militêre veterane voorsiening maak, asook vir vergoeding vir verliese en vernedering wat deur die voormalige SWATF- en Koevoet-lede en hul ­families gely is.

Namvet sê ook sulke wetgewing moet voorsiening maak vir berading vir militêre veterane wat “uiterste ontheming” van 'n normale lewensbestaan ervaar het, en hulp bied met deeglike herintegra­sie in die samelewing.

Die voormalige soldate versoek ook voldoende gesondheids- en psigiatriese sorg, asook mediese fonds-ondersteuning vir tuisversorging van dié wat in die oorlog beseer is.

Mnr. Marius Goraseb, wat die versoekskrif namens die APP se waarnemende sekretaris-generaal, mnr. Vinsent Kanyetu, ontvang het, het gesê die party het sy steun vir die erkenning van die voormalige SWATF/Koevoet-lede reeds in die party se verkiesingsmanifes van 2014 vervat.

“Dit is onregverdig dat hierdie ­voormalige soldate by die land se hoofstroomekonomie uitgesluit word. Die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma, het in 1990 op nasionale versoening aanspraak gemaak. In 'n hedendaagse Namibië kan ons nie in 'n samelewing leef waar mense weens hul verlede gebrandmerk word nie,” het Goraseb gesê.

OPPOSISIEPARTYE REAGEER

Hy het gesê die APP het in 2011 en 2012 met leiers van Namvet vergader waar hulle hul steun aan Namvet gegee het, maar bygevoeg dit is moeilik om voorspraak vir hul regte in die parlement te maak weens Swapo se tweederde meerderheid.

“Voorspraak in die parlement is ondoeltreffend – selfs as al die opposisiepartye 'n kwessie ondersteun. Weens die verwronge verteenwoordiging in die parlement vorder dinge nooit nie,” het Goraseb gesê.

Die PDM se sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, het gesê sy party is deur ander nasionale kwessies oorweldig, maar het onderneem om Namvet se eise te bespreek.

Namvet se woordvoerder, mnr. Jabulani Ndeunyema, het beweer die Swapo-regering is “besig met iets wat ons nog nie vantevore gesien het nie”, met verwysing na die versuim om die oudsoldate te erken. Ndeun­yema het gesê: “Ons bly vreedsaam, maar daar sal 'n dag kom wat ons gaan sê genoeg is genoeg. Ons is vreedsaam; ons wil steeds by die regering betrokke wees, maar wanneer die tyd kom, sal ons Swapo sonder vrees konfronteer.

“'n Ou leeu kan ook byt. Hulle moenie dit vergeet nie. Hulle moenie Namibië tot stilstand bring omdat hulle ons soos diere behandel nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.04/OZ DOWN -0.0004 | Copper US$ 4.45/lb UP +0.84% | Zinc US$ 2 841.40/T UP 0.69% | Brent Crude Oil US$ 86.55/BBP DOWN -0.007 | Platinum US$ 926.75/OZ DOWN -0.0101