NamPower tjoepstil oor Xaris-kansellasie
NamPower tjoepstil oor Xaris-kansellasie

NamPower tjoepstil oor Xaris-kansellasie

Die nasionale kragverskaffer weier om te sê hoekom dié winsgewende tender gekanselleer is, en die hooggeregshof moet nog uitspraak oor die toekenning van die tender lewer.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - NamPower sê hy is nie by magte om redes te verstrek hoekom die versoek vir ‘n voorstel (RFP) om die Walvisbaai-elektrisiteitsprojek saam met Xaris Energy (Pty) Ltd. te ontwikkel, gekanselleer is nie.

NamPower het op 1 Februarie reeds dié winsgewende tender van N$5 miljard met Xaris gekanselleer.

In ‘n kort verklaring het die kragverskaffer verlede week gesê hy het reeds met ‘n proses begin om sy “strategiese oogmerk” uiteen te sit.

Dít sal tot die ontwikkeling van ‘n nuwe korporatiewe vyfjaarstrategie en -sakeplan lei.

Die huidige vyfjaarplan loop einde Junie vanjaar ten einde.

Die nuwe strategiese plan, sê NamPower, sal die bepaling van die kragopwekkingskapasiteit vir die toekoms insluit.

Volgens NamPower is dit daarop gemik om selfvoorsiening van energie in die medium en lang termyn te verseker.

“Wanneer dit gefinaliseer is, sal die strategiese oogmerk aan ‘n forum van belanghebbendes in die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf voorgelê word vir hul menings en insette. Die publiek word egter daarvan verseker dat NamPower elektrisiteitsvoorsiening, soos volgens sy mandaat, sal bly verseker,” sê NamPower.

Die kragverskaffer het onder kritiek deurgeloop en is selfs in die hof uitgedaag nadat die tender aan Xaris Energy toegeken is.

Visepresident Nangolo Mbumba en mnr. Boni Paulino, uitvoerende lid van die Namibiese waghond oor finansiële instellings (Namfisa), het aandele in Xaris.

HOOGGEREGSHOF BEHOU UITSPRAAK VOOR

Die hooggeregshof het op 1 Maart uitspraak voorbehou in Arandis Power (Pty) Ltd se appèlsaak teen ‘n hoërhof-uitspraak wat stel dat Arandis se uitdaging van die toekenning van die tender aan Xaris Energy (Pty) Ltd geen meriete of integriteit het nie.

Arandis Power het hul appèlsaak op 30 Januarie aanhangig gemaak.

Twee dae later, op 1 Februarie, het NamPower hulle ingelig dat die RFP deur Xaris om gesamentlik die 230 tot 250 megawatt elektrisiteitsaanleg op te rig, gekanselleer is.

Regsverteenwoordigers van Xaris en Arandis het op 8 Februarie vergader om die nuwe verwikkelinge te bespreek en hoe dit Arandis se appèl in die hooggeregshof sou beïnvloed. Xaris se regsverteenwoordiger het gevoel dit is betwisbaar.

Die regsfirma Etzold-Duvenhage-prokureurs, wat namens Arandis optree, het aangevoer die saak is nie betwisbaar nie en sal eers afgehandel wees wanneer Xaris “ondubbelsinnnig en onherroeplik” op skrif erken die tender met NamPower is wettiglik gekanselleer, en die besluit deur NamPower om die tender op 30 Maart 2015 aan die maatskappy toe te ken, dra geen krag nie.

Die Arandis-span voer aan Xaris het geweier om die vereiste erkenning van die kansellasie van die tender te voorsien.

Xaris se regsverteenwoordigers, Engling, Stritter en Vennote, het in hul hofstukke voor die hooggeregshof gesê hulle sou NamPower se kansellasie van die tender uitdaag en wil hê die tender moet in hul guns bly.

Arandis daag die wettigheid en geldigheid van die tendertoekenning aan Xaris uit en bevraagteken of Xaris daarop kan aandring om dit af te dwing.

Arandis hou vol die toekenning van die tender was nie geldig nie en om dié rede kan Xaris nie daarop aandring dat dit afgedwing word nie - ongeag die bevestiging dat die tender gekanselleer is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!