NamPower teken vyfjaar-ooreenkoms met Eskom
NamPower teken vyfjaar-ooreenkoms met Eskom

NamPower teken vyfjaar-ooreenkoms met Eskom

Suid-Afrika is die buurland met wie Namibië die grootste kraginvoer-ooreenkomste het.
Augetto Graig
Augetto Graig - NamPower het op Donderdag 23 Maart ’n nuwe vyfjaar-kragverskaffingsooreenkoms met Suid Afrika se Eskom gesluit.

Die ooreenkoms is vir die versekerde toevoer van 200 MW se elektrisiteit, asook addisionele kragverskaffing indien nodig en indien Eskom surpluskrag het.

Die ooreenkoms is in Maseru, Lesotho, op die 42ste vergadering van die Suidelike Afrikaanse kragsamevoeging (SAPP) onderteken.

Volgens me. Tangeni Kambangula, NamPower se woordvoerder, is die ondertekening van dié ooreenkoms ’n bewys van die uitgebreide en edel geskiedenis van die handel in elektrisiteit tussen dié twee nasionale kragverskaffers.

Kambangula sê NamPower sal voortgaan om alle moontlike opsies in te span om Namibië se kragopwekkingskapasiteit aan te vul en toegang tot krag in die land te verseker.

By die geleentheid het Eskom se waarnemende hoof uitvoerende beampte, mnr. Matshela Koko, gesê: “Eksom het omgedraai en ons is nou oop vir besigheid met ons beskikbare surpluskapasiteit om ekonomiese groei te verseker.”

Mnr. Berthold Mbuere van NamPower se kragonderhandelingseenheid het gesê: “Die kragverskaffingsituasie in Namibië en die res van die streek is tans onder beheer en NamPower sal aanhou om verskeie pogings aan te wend, wat aanvraagsbestuurinisiatiewe insluit, om te verseker dat nasionale kragverskaffing volhoubaar is.”

Dié ooreenkoms met Eskom is die grootste van verskeie soortgelyke vennootskappe met nasionale kragopwekkers van ander lande op die subkontinent.

Dit is deel van NamPower se poging om kragopwekking in Namibië aan te vul deur die invoerportefeulje te verbeter en deur verskeie kragbronne te skep.

Boonop is die maatskappy besig om verskeie planne vir hernubare kragopwekkingsprojekte te finaliseer om plaaslike opwekking te versterk, sê Kambangula. “NamPower is vol vertroue dat die ooreenkoms tot voordeel van beide maatskappye en ons kliënte sal wees,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!