NamPost van N$300 000 beroof

Posmeester aangerand tot hy sleutel gee

03 September 2020 | Misdaad
Drie beweerde rowers het NamPost op Fransfontein glo Dinsdag van sowat N$300 000 beroof.

Dit volg nadat hulle die posmeester na bewering in sy huis aangerand en vasgebind het, sodat hy die poskantoor se sleutels aan hulle oorhandig.

Die Namibiese polisie het in 'n verslag gesê hulle is tans op die spoor van die verdagtes, maar het 'n beroep op die publiek gedoen om met enige inligting vorendag te kom. Die polisie is van mening hierdie voorval is haarfyn beplan.

Volgens die polisie is NamPost se Fransfontein-tak in die Kunenestreek Dinsdag omstreeks middernag beroof.

Dit volg nadat 'n sekuriteitswag naby die poskantoor glo twee mense onder verdagte omstandighede van die ­poskantoor sien weghardloop en die polisie gekontak het.

Die polisie het gesien die deure van die poskantoor staan wawyd oop, insluitende 'n traliedeur, asook die van die kluis.

Die polisie het na die posmeester se huis gery om hom van die voorval in kennis te stel.

Hy is egter in 'n bedenklike toestand – erg aangerand en bebloed op die vloer – gevind terwyl hy met elektriese kabels vasgemaak is.

Hy is tans op Khorixas in die staats­hospitaal.

Volgens hom is hy deur drie ­onbekende persone aangerand, met twee wat ­balaklawas gedra het.

Hulle het hom glo geslaan en die poskantoor se sleutels geëis, wat hy naderhand oorhandig het.

Dit volg nadat hy glo vroeër die dag N$300 000 in kontant ontvang het, wat as pensioengeld uitbetaal moes word. Die polisie sê die kluis is leeg gevind.

Die polisie kon die verdagtes se spore vir sowat 5 km langs 'n grondpad volg, tot waar hulle waarskynlik opgelaai is.

Enigiemand met meer inligting, kan die polisie by 081 129 8238 kontak.

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

2 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

2 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

2 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

2 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

2 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

2 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

2 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

2 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...