Namport-werker sterf nu00e1 fratsongeluk
Namport-werker sterf nu00e1 fratsongeluk

Namport-werker sterf ná fratsongeluk

Jessica Botes
Jessica Botes - 'n Werknemer van Namport wat in 'n fratsongeluk ernstige beserings opgedoen het, is drie dae later in die hospitaal dood.

Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, speurderinspekteur Daniel Gurirab, was mnr. Sackeus Amulungu (53) verlede Woensdag besig om rigting aan te gee vir 'n vragmotor en vurkhyser toe die ongeluk gebeur het.

“Die vurkhyser het teen hom gebots en hom omgestamp. Dit het oor hom gery en ernstige beserings aan sy bene veroorsaak," het Gurirab gesê.

Amulungu is na die Welwitschia private hospitaal op Walvisbaai gehaas, maar het Saterdag aan sy beserings beswyk, volgens Gurirab. 'n Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!