Namport dank 86 werkers af
Namport dank 86 werkers af

Namport dank 86 werkers af

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het, is afgedank.

Die onafhanklike voorsitter wat by die dissiplinêre verhoor van die werkers en die maatskappye betrokke was, het die werkers skuldig bevind.

Die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Kavin Harry, het in 'n memorandum wat Vrydag uitgereik is, verduidelik dat 92 werkers klousule 4,5 van die maatskappy se dissiplinêre beleid oortree het.

Altesaam 86 werkers is ná die dissiplinêre verhoor ontslaan weens wangedrag, volgens Namport se gedragskode, en ses ander het skriftelike waarskuwings ontvang.

”Bestuur het maatreëls ingestel vir die verlaagde impak van sulke ontwringtinge en sekuriteitsmaatreëls is ook opgeskerp," het Harry gesê.

Die staking het by Namport se hoofkantoor op Walvisbaai plaasgevind. Werkers het met die staking voortgegaan ondanks waarskuwings van Namport se bestuur en vakbondhoofde.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!