Nampol vier 31 jaar
Nampol vier 31 jaar

Nampol vier 31 jaar

Die minister vra vir respek en samewerking om landsburgers teen misdaad te beskerm.
Augetto Graig
Augetto Graig

Lt. genl. Sebastian Ndeitunga, die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie (Nampol), het Saterdag die mag se 31ste bestaansjaarvieringe op Katima Mulilo herdenk.

Hy sê die polisie het sedert onafhanklikwording van net 800 tot 14 800 lede gegroei.

Nampol het ook 113 geriewe landswyd, insluitend die nuwe hoofkantoor en die forensiese wetenskapsinstituut in Khomas, en ses streekhoofkantore in die Zambezi-, Ohangwena-, Oshana-, Omusati-, Oshikoto- en Hardapstreek.

In Kavango-Wes word nog ’n hoofkantoor tans voltooi terwyl die polisie ook ’n plaas in die Omahekestreek besit.

Vier polisiekolleges is onderskeidelik in Khomas, Oshana, Omaheke en Zambezi gevestig.

Verder het Nampol ook drie helikopters, ’n skip en kleiner bote vir die watereenheid mariene-eenheid binne die spesiale taakmag, het hy genoem.

Ndeitunga sê misdaad is onder beheer. Vir die boekjaar 2020-’21 is 92 251 strafregtelike sake aangeteken, terwyl 178 987 vanaf die vorige boekjaar oorgedra is, wat op altesaam 271 238 sake teen die einde van die boekjaar neergekom het. Van dié getal is 39% of 105 634 sake opgelos.

Ndeitunga sê die meeste misdaad word in Khomas, Oshana en Otjozondjupa gepleeg, terwyl Kavango-Wes, Kunene en Omaheke die minste gevalle aanteken.

Gedurende dié boekjaar is 308 gevalle van moord aangeteken; 1 205 van verkragting; 418 van gewapende rooftogte; 4 445 van huishoudelike geweld; 461 van poging tot moord; 256 van die rig van ’n vuurwapen; 13 van ontvoering; 3 160 van veediefstal, 2 115 van dwelmoortreding; 196 van brandstigting; 403 van motordiefstal en 7 487 van huisbrake.

Vir die 2021-’22-boekjaar is ’n begroting van N$4,3 miljard aan Nampol bewillig, asook N$10,8 miljoen se skenkings om hoofsaaklik Covid-19 te bekamp.

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ook onlangs 15 nuwe voertuie geskenk, sê hy.

By dieselfde geleentheid het die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, die bevordering van vroue in die polisiemag geprys en die aanstelling van polisiereserviste – wat veral in die Erongostreek ’n verskil maak – aanbeveel.

Hy sê polisiebeamptes moet respek verdien deur die handhawing van die Grondwet en die bevordering van menseregte.

“Hulle mag burgerlikes nie ‘paneelklop’ nie. Hulle mag slegs minimale krag gebruik, of proporsionele krag, soos met hulle opleiding. Ons sal nie die stryd teen misdaad wen as ons nie die vertroue van ons landsburgers en die gemeenskap wat ons dien, het nie,” het hy gesê.

“Dis teleurstellend dat ’n paar vrot appels die goeie naam van ons polisiemag in oneer bring deur in kriminele bedrywighede betrokke te raak,” het die minister gesê en daarop aangedring dat Ndeitunga hulle tot orde moet roep.

Kawana wil ook samewerking tussen Nampol en munisipale beamptes in dorpe landswyd bevorder.

Wat sekuriteitsmaatskappye betref, sê hy die wet word tans hersien en hy sal help om te verseker dit word vinnig voltooi sodat wagte saam met Nampol kan werk.

Ander wetgewing wat hersien word, is onder meer die wet op alkohol en die wet op wapens en ammunisie, terwyl ’n konsepwet voltooi word om belangrike infrastruktuur te beskerm, sê hy.

Volgens die minister sal Nampol ’n nuwe strategiese plan ontwikkel ná die huidige vyfjaarplan einde vandeesmaand verval.

Adj.komm. Fwambo Siame, die waarnemende provinsiale hoof vir Wes-Zambië, het die geleentheid met sy afvaardiging bygewoon saam met verskeie politieke en munisipale hoofde. Die geleentheid het ’n parade ingesluit en medaljes is toegeken. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%