Nampol tree in vir slagoffer van verkragting

Misdaad

05 January 2021 | Misdaad
Tuyeimo Haidula – Die Namibiese polisie het namens ’n 18-jarige meisie ’n saak aanhangig gemaak teen vier seuns wat haar na bewering op Nuwejaarsdag verkrag het.

Die voorval wat deur die polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, bevestig is, het omstreeks 01:00 in die Damara informele nedersetting by Oshivelo in die Oshikotostreek plaasgevind.

Twee van die verdagtes is glo 17, een is 14 en die ander verdagte is tussen die ouderdom van 17 en 21 jaar.

Volgens Shikwambi was die verkragtingslagoffer, wat onder die invloed van alkohol was, alleen op pad huis toe, toe sy die vier verdagtes, wie sy almal geken het, raakgeloop het. Volgens haar het die seuns haar na haar kamer gedra en haar om die beurt verkrag.

Sy is na die Tsumeb Lombard staatshospitaal geneem vir mediese ondersoek.

“Nampol het die saak namens haar aanhangig gemaak omdat sy geweier het om die klag teen die seuns in te dien. Ná gesprekke met die adjunkaanklaer-generaal in Oshakati is ’n kriminele saak geregistreer.

“Die verdagtes se identiteit is aan die polisie bekend, maar hulle is nog nie in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort,” het Shikwambi gesê.

NOG TWEE VERKRAGTINGS AANGEMELD

Twee ander verkragtings is in die Namibiese polisie se misdaadverslag aangemeld.

Volgens die verslag is ’n vrou Donderdag omstreeks 23:00 in Rehoboth verkrag nadat twee mans haar na hul huis toe oorgenooi het.

Hulle het na bewering ’n paar glase wyn gedrink toe die mans aandring dat die vroue met hulle moet seks hê.

“Een vrou het buitentoe gegaan om die toilet te gebruik, toe een van die verdagtes haar gegryp en sy hand oor haar mond gesit het. Sy het daarin geslaag om te ontsnap,” lui die verslag.

Die verdagte het na die huis teruggekeer en hy en die ander man het na bewering beurte gemaak om die ander vrou te verkrag.

• Donderdag omstreeks 15:00 is ’n 67-jarige dowe vrou in haar huis in die Eyanda informele nedersetting in die Omusatistreek deur ’n 33-jarige man verkrag.

Volgens die verslag het hy by haar huis ingegaan en sonder haar toestemming met haar seksuele omgang gehad.

Die verdagte is in hegtenis geneem.

SEKSUELE EN GESLAGSGEBASEERDE GEWELD

Shikwambi sê Namibië is in ’n voortdurende geveg teen seksuele en geslagsgebaseerde geweld (SGBV) en is die polisie ewe bekommerd oor die vlakke van ernstige SGBV-misdaad.

“In hierdie gevalle was dit boonop ’n bendeverkragting. Die polisie moes optree en maak daarom ’n saak aanhangig, al is die slagoffer nie bereid nie,” het sy gesê.

Shikwambi het benadruk dat ’n ondersoek van stapel gestuur word.

“Soos julle weet, is sulke sake grootliks op bewysstukke gebaseer en daarom sal die lang arm van die gereg tot die inhegtenisneming van die skuldiges lei.”

Volgens die Wet op die Bekamping van Huishoudelike Geweld, Wet 4 van 2003, kan ’n saak in verband met ’n huishoudelike geweld-oortreding aanhangig gemaak word deur enige persoon wat ’n belang in die welstand van die slagoffer het. Dit sluit in, maar word nie beperk tot, familielede, polisiebeamptes, maatskaplike werkers, onderwysers en kollegas.

[email protected]

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

20 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

20 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

20 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

20 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

20 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

20 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

20 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...