Nampol ontplooi helikopter in Noorde
Die Namibiese Polisie het ’n helikopter na die Oshanastreek in die Noorde van die land ontplooi om misdaad in agt streke te bekamp.
Die streke sluit Kunene, Omusati, Ohangwena, Oshikoto, Kavango-Wes, Kavango-Oos en Zambezi in.
Die helikopter sal ingespan word om ernstige misdaad soos roof en motordiefstal te bestry en ook om mense op te spoor wat in afgeleë gebiede vermis word. Dit is die polisie se eerste helikopter wat in dié streke ontplooi word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie